Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 125

‘Gelukkig is dié wat genade toon!’

‘Gelukkig is dié wat genade toon!’

(Matteus 5:7)

  1. 1. Genade toon Jehovah God,

    ja, dit verskaf hom groot genot.

    Goedhartig bly hy op ons let,

    voorsien wat elkeen nodig het.

    Berouvolles hoef nie te vrees,

    want God sal hul genadig wees.

    Hy weet ons is van stof gemaak;

    met liefde sal hy oor ons waak.

  2. 2. As ons teen God gesondig het,

    vra ons vergifnis in gebed.

    Genade toon God keer op keer

    aan dié wat bid soos Jesus leer:

    “Vergeef die sondes wat ons pleeg,

    soos ons ook ander bly vergeef.”

    Geen wrok sal in ons harte wees,

    maar vrede en ’n kalm gees.

  3. 3. Geskenke aan die armes

    toon ook dat ons genadig is.

    Ons doen dit nie om lof te kry,

    uit liefde help ons dié wat ly.

    Jehovah sien ons dade raak,

    en sy beloning is volmaak.

    Ja, almal wat genade toon,

    ervaar geluk, hul word beloon.

(Sien ook Matt. 6:2-4, 12-14.)