Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 141

Die lewenswonderwerk

Die lewenswonderwerk

(Psalm 36:9)

  1. 1. Elke druppel reën, elke baba klein,

    elke goue sonnestraal, elk’ ster wat skyn —

    alles kom van God, leer ons van sy weë,

    gawes wat die Vader ons uit sy hand bly gee.

    (REFREIN)

    O, hoe kan ons bewys dat ons dit waardeer?

    Ons moet steeds die Gewer liefhê en Hom altyd eer.

    Ja, nooit kan ons verdien wat God vir ons gee nie.

    Die gawe kom van God — die lewenswonderwerk.

  2. 2. Wanneer sorge druk en geluk bederf,

    sê party soos Job se vrou: ‘Vloek God en sterf.’

    Dis nie ons manier; dankbaar sal ons bly,

    dankbaar vir die lewe wat ons uit Gods hand kry.

    (REFREIN)

    O, hoe kan ons bewys dat ons dit waardeer?

    Ons moet almal om ons liefhê en hul altyd eer.

    Ja, nooit kan ons verdien wat God vir ons gee nie.

    Die gawe kom van God — die lewenswonderwerk.