Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 142

Ons hoop is ’n anker

Ons hoop is ’n anker

(Hebreërs 6:18, 19)

  1. 1. Duisternis heers nou al eeue lank op aarde.

    Mense se strewes is net gejaag na wind.

    Niks wat hul doen, is van blywende waarde.

    Hul kan weens sonde geen redding vind.

    (REFREIN)

    Sing en wees bly: Redding is nou naby!

    Gods Koninkryk sal ons van vrese bevry.

    Gods wil geskied, ons sal vrede geniet;

    dié hoop is ’n anker wat sekerheid bied.

  2. 2. “Gods dag is naby!” Dit is die goeie tyding.

    Nie meer sal mense vir God vra: “O, hoe lank?”

    Hy bring verligting van pyn en van lyding.

    Loof God, Jehovah, gee hom die dank.

    (REFREIN)

    Sing en wees bly: Redding is nou naby!

    Gods Koninkryk sal ons van vrese bevry.

    Gods wil geskied, ons sal vrede geniet;

    dié hoop is ’n anker wat sekerheid bied.