Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 143

Hou aan waak, bly wakker en ywerig

Hou aan waak, bly wakker en ywerig

(Romeine 8:​20-​25)

  1. 1. Die God wat tydperke vasstel,

    sal binnekort dinge regstel,

    sy naam, Jehovah, verheerlik.

    Die tekens toon dis naby.

    (REFREIN)

    Hou aan waak en bly wakker en yw’rig,

    God gee aan ons die vooruitsig

    om die beloning te kry.

  2. 2. Die dag dat Jesus sal optree

    en alle vyande wegvee,

    sal kom net soos God beloof het.

    Oorwinning is nou naby.

    (REFREIN)

    Hou aan waak en bly wakker en yw’rig,

    God gee aan ons die vooruitsig

    om die beloning te kry.

  3. 3. Reeds eeue lank ly die skepping,

    maar ons is seker van redding;

    die dag van God kom al nader,

    Jehovah sal ons bevry.

    (REFREIN)

    Hou aan waak en bly wakker en yw’rig,

    God gee aan ons die vooruitsig

    om die beloning te kry.