LIED 144
Hou jou oë op die prys!
-
1. Wanneer blinde oë herstel sal wees;
en die dowe ore is genees,
wanneer kinders ook met vreugde sing
en ware vrede blydskap bring,
wanneer ons geliefdes weer sal leef
op ’n aarde waar geen dood sal wees —
(REFREIN)
Alles sal jy sien, wees nou net wys,
en hou net jou oë op die prys.
-
2. Wanneer wolf en lam tesame wei,
wanneer beer en kalf in vrede bly,
sal ’n seuntjie hierdie diere lei;
hul sal nie meer die mens vermy.
Wanneer trane nie meer daar sal wees,
is ons ook ontslae van pyn en vrees —
(REFREIN)
Alles sal jy sien, wees nou net wys,
en hou net jou oë op die prys.
(Sien ook Jes. 11:6-9; 35:5-7; Joh. 11:24.)