Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

ONDERRIGTINGSVENSTER 2A

Hoe om Esegiël se profesieë te verstaan

Hoe om Esegiël se profesieë te verstaan

DEFINISIE – WAT IS ’N PROFESIE?

In die Bybel verwys die Hebreeuse werkwoord na·vaʼʹ, wat as “profesie” vertaal word, hoofsaaklik na die verkondiging van ’n geïnspireerde boodskap, ’n oordeelsboodskap, ’n sedelike les of ’n gebod van God. Dit kan ook verwys na die verkondiging van ’n boodskap van iets wat in die toekoms gaan gebeur. Esegiël se profesieë sluit al hierdie soorte openbarings van God af in. – Eseg. 3:10, 11; 11:4-8; 14:6, 7; 37:9, 10; 38:1-4.

HOE IS DIE PROFESIEË OORGEDRA?

  • VISIOENE

  • ILLUSTRASIES

  • UITBEELDINGS

Die boek Esegiël bevat visioene, illustrasies, gelykenisse en uitbeeldings van profetiese boodskappe.

HOE HET DIE PROFESIEË WAAR GEWORD?

Esegiël se profesieë het soms meer as een vervulling. Byvoorbeeld, die herstellingsprofesieë het ’n beperkte vervulling gehad toe God se volk na die Beloofde Land teruggekeer het. Maar soos ons in Hoofstuk 9 van hierdie boek sal sien, het baie van daardie herstellingsprofesieë ’n vervulling vandag en in die toekoms.

In die verlede het ons ’n hele paar elemente in Esegiël se profesieë gebruik om die vervulling van tipes en antitipes te verduidelik. Maar hierdie boek sê nie dat enige persoon, voorwerp, plek of gebeurtenis ’n profetiese tipe met ’n moderne antitipe is nie, tensy daar duidelike bewyse daarvoor is in die Bybel. * Dit sal eerder die groter vervulling van baie van Esegiël se profesieë beklemtoon. Dit sal ook bespreek wat ons kan leer uit Esegiël se boodskap en wat ons kan leer oor die plekke, gebeurtenisse en mense waaroor hy geskryf het.

^ par. 12 Vir ’n bespreking van tipes en antitipes, sien Die Wagtoring van 15 Maart, 2015, bl. 5-7, par. 7-12 en “Vrae van lesers”, bl. 15-16 van dieselfde Wagtoring.