Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

ONDERRIGTINGSVENSTER 10B

Wat is die verband tussen die “droë beendere” en die “twee getuies”?

Wat is die verband tussen die “droë beendere” en die “twee getuies”?

IN 1919 is twee profesieë wat met mekaar verband hou, vervul: Die profesie oor die “droë beendere” en die profesie oor die “twee getuies”. Die visioen van die “droë beendere” het na ’n baie lang tydperk verwys (wat op die ou end honderde jare lank was), en dit het geëindig toe ’n groot groep van God se aanbidders lewend geword het (Eseg. 37:2-4; Op. 11:1-3, 7-13). Die profesie oor die “twee getuies” verwys na ’n kort tydperk (vanaf laat in 1914 tot vroeg in 1919), en dit het geëindig toe ’n klein groepie van God se aanbidders lewend geword het. Al twee profesieë gaan oor ’n simboliese opstanding, en al twee profesieë is in 1919 vervul. In daardie jaar het Jehovah sy gesalfde aanbidders “op hulle voete” laat staan, hulle uit Babilon die Grote bevry en hulle in die herstelde gemeente bymekaargemaak. – Eseg. 37:10.

Maar daar is ’n belangrike verskil tussen hierdie twee profesieë. Die profesie oor die “droë beendere” voorspel ’n tyd wanneer al die gesalfdes wat nog op die aarde is, lewend sou word. Maar die profesie oor die “twee getuies” voorspel ’n tyd wanneer party van die gesalfdes wat op die aarde is, lewend sou word. Daardie groep verwys na die gesalfdes wat die leiding in die organisasie geneem het en wat as “die getroue en verstandige slaaf” aangestel was. – Matt. 24:45; Op. 11:6. *

“Die valleivlakte . . . vol beendere” – Eseg. 37:1

  1. Ná 100 HJ

    Vanaf die tweede eeu HJ, toe die gemeente van gesalfde Christene in ’n simboliese sin doodgemaak is, was “die valleivlakte” vol “beendere”

  2. VROEG IN 1919

    1919: Die “droë beendere” het lewend geword toe Jehovah al die gesalfdes uit Babilon die Grote bevry het en hulle in die herstelde gemeente bymekaargemaak het

“Twee getuies” – Op. 11:3

  1. LAAT IN 1914

    preek “in saklinne”

    1914: Die “twee getuies” het drie en ’n half jaar lank “in saklinne” gepreek. Aan die einde van daardie tydperk was hulle in ’n simboliese sin doodgemaak

  2. simboliese dood

  3. VROEG IN 1919

    1919: Die “twee getuies” het lewend geword toe ’n klein groepie gesalfde broers wat die leiding in die organisasie geneem het, as “die getroue en verstandige slaaf” aangestel was

^ par. 4 Sien Die Wagtoring, Maart 2016, “Vrae van lesers”.