Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

ONDERRIGTINGSVENSTER 10C

Jehovah kan ons help om weer op te staan

Jehovah kan ons help om weer op te staan

ONS leer ’n aanmoedigende les uit die indrukwekkende visioen in Esegiël 37:1-14, ’n les wat ons op ons persoonlike omstandighede kan toepas. Wat is dit?

Soms kan ons so oorweldig voel deur probleme en stres dat ons uitgeput raak, en soms voel dit asof ons nie kan aangaan nie. Maar gedurende sulke tye kan dit ons krag gee as ons nadink oor die lewendige beskrywing in Esegiël se visioen. Hoekom? In hierdie profesie het ons geleer dat God die krag het om selfs dooie beendere lewend te maak. So ons kan seker wees dat hy ons die krag sal gee wat ons nodig het om probleme te oorkom – selfs probleme wat vir mense onmoontlik lyk om te oorkom. – Lees Psalm 18:29; Fil. 4:13.

Honderde jare voor Esegiël se dag het die profeet Moses gesê dat Jehovah nie net die krag het nie, maar ook die begeerte het om sy krag te gebruik om sy volk te help. Moses het geskryf: “God is van die ou tyd af ’n beskerming, sy ewige arms is onder jou” (Deut. 33:27). Ja, as ons in moeilike tye op ons God vertrou, kan ons daarvan seker wees dat Jehovah sy arms liefdevol onder ons sal sit en ons sal help om weer op te staan. – Eseg. 37:10.