Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

ONDERRIGTINGSVENSTER 16A

Stel die Christendom Jerusalem voor?

Stel die Christendom Jerusalem voor?

In die verlede het ons publikasies gesê dat die Christendom afvallige Jerusalem voorstel. Die toestande in dislojale Jerusalem – insluitende afgodediens en die slegtheid wat so algemeen was – herinner ons beslis aan wat in die Christendom gebeur. Maar in onlangse jare het ons publikasies, insluitende hierdie boek, nie gesê dat profesieë ’n tipe en ’n antitipe het nie, behalwe as die Bybel dit duidelik maak dat dit die geval is. Gee die Bybel ons ’n goeie rede om te sê dat die Christendom Jerusalem voorstel? Nee.

Dink aan die volgende: Jerusalem was voorheen ’n sentrum van rein aanbidding. Later het die mense van Jerusalem afvalliges geword. Maar die Christendom het Jehovah nog nooit op ’n rein manier aanbid nie. Vandat die Christendom in die vierde eeu HJ begin bestaan het, het dit mense nog altyd valse leringe geleer.

En nadat Jerusalem deur die Babiloniërs vernietig was, het die mense van Jerusalem weer Jehovah se goedkeuring gehad, en die stad het weer die sentrum van ware aanbidding geword. Maar die Christendom het nog nooit God se goedkeuring gehad nie, en wanneer dit gedurende die groot verdrukking vernietig word, sal dit nooit weer bestaan nie.

So tot watter gevolgtrekking kan ons kom? Wanneer ons kyk na Bybelprofesieë wat waar geword het oor die dislojale Jerusalem, sê ons dalk: ‘Dit herinner ons aan wat ons vandag in die Christendom sien.’ Maar dit lyk nie asof die Bybel ’n goeie rede gee om te sê dat die Christendom Jerusalem voorstel nie.