Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

ONDERRIGTINGSVENSTER 18A

Jehovah waarsku dat daar binnekort ’n groot oorlog sal wees

Jehovah waarsku dat daar binnekort ’n groot oorlog sal wees

Die Bybel bevat baie profesieë wat waarsku dat daar ’n oorlog sal wees waarin Jehovah almal sal vernietig wat hom en sy volk teëstaan. Hier is ’n lys van party van daardie profesieë. Let op dat hierdie waarskuwings baie dieselfde is, en kyk hoe Jehovah seker gemaak het dat alle mense die kans het om dit te hoor en daarop te reageer.

IN EERTYDSE ISRAEL

ESEGIËL: “‘Ek sal deur my hele bergstreek ’n swaard teen [Gog] oproep,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.” – Eseg. 38:18-23.

JEREMIA: “[Jehovah] sal alle mense persoonlik oordeel. En hy sal die goddeloses aan die swaard oorlewer.” – Jer. 25:31-33.

DANIËL: “Die God van die hemel [sal] ’n koninkryk oprig wat . . . al daardie koninkryke [sal] vernietig en ’n einde aan hulle [sal] maak.” – Dan. 2:44.

IN DIE EERSTE EEU HJ

JESUS: “Daar [sal] groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af . . . nie plaasgevind het nie.” – Matt. 24:21, 22.

PAULUS: “Jesus . . . met sy magtige engele [neem wraak] op dié wat God nie ken nie.” – 2 Tess. 1:6-9.

PETRUS: “Jehovah se dag sal soos ’n dief kom, . . . en die aarde en die werke daarin sal geopenbaar word.” – 2 Pet. 3:10.

JOHANNES: “Uit [Jesus se] mond kom ’n skerp, lang swaard waarmee hy die nasies sal vernietig.” – Op. 19:11-18.

IN ONS TYD

Die Bybel is in meer tale vertaal as enige ander boek, en dit het die grootste verspreiding in die wêreld

JEHOVAH SE KNEGTE VAN VANDAG . . .

  • Versprei miljarde Bybelpublikasies in honderde tale

  • Spandeer elke jaar miljoene ure in die predikingswerk