Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

ONDERRIGTINGSVENSTER 21A

“Die bydrae wat julle [opsy moet sit]”

“Die bydrae wat julle [opsy moet sit]”

ESEGIËL 48:8

Kom ons kyk na die deel van die land wat Jehovah opsygesit het. Dit bestaan uit vyf gebiede. Watter gebiede is dit? En wat is die doel van elke gebied?

A. “Die bydrae”

Hierdie gedeelte word “die administratiewe strook” genoem.

ESEG. 48:8

B. “Die hele bydrae”

Dit word vir die priesters, die Leviete en die stad opsygesit. En mense van al 12 stamme gaan by hierdie deel in om Jehovah te aanbid en om die administratiewe reëling te ondersteun.

ESEG. 48:20

C. “Die hoofman se gebied”

“Hierdie land sal sy besitting in Israel word.” “Dit sal vir die hoofman wees.”

ESEG. 45:7, 8; 48:21, 22

D. “Die heilige bydrae”

Hierdie gebied word ook “’n heilige deel” genoem. Die boonste deel is “vir die Leviete”. Dit is “iets heiligs”. Die middelste deel is “die heilige bydrae vir die priesters”. Dit is “’n plek vir hulle huise . . . en ’n heilige plek vir die heiligdom”, of tempel.

ESEG. 45:1-5; 48:9-14

E. “Die oorblywende gebied”

“Dit moet aan die hele huis van Israel behoort” en “moet vir die stad se algemene gebruik wees, vir behuising en vir weivelde”.

ESEG. 45:6; 48:15-19