Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Inligting vir byeenkomsgangers

Inligting vir byeenkomsgangers

SPESIALE VERGADERING

SKOOL VIR KONINKRYKSPREDIKERS Pioniers tussen die ouderdom van 23 en 65 wat meer in hulle bediening wil doen, word genooi om Sondagmiddag die vergadering by te woon vir diegene wat vir die Skool vir Koninkrykspredikers wil aansoek doen. Daar sal aangekondig word presies waar en wanneer hierdie vergadering gehou sal word.

INLIGTING VIR BYEENKOMSGANGERS

SAALWAGTERS Die saalwagters is daar om jou te help. Gee hulle asseblief jou volle samewerking deur te luister na hulle instruksies in verband met parkering, skarebeheer, die hou van sitplekke en ander sake.

DOOP Die afgebakende sitplekke vir doopkandidate sal reg voor die verhoog wees, tensy anders aangedui word. Doopkandidate moet hulle sitplekke daar inneem voordat die dooptoespraak Saterdagoggend begin. Elkeen moet ’n handdoek en beskeie swemklere saambring.

BYDRAES Dit kos baie geld om te verseker dat daar voldoende sitplek, ’n klankstelsel, videotoerusting en baie ander dienste is wat dit aangenaam maak om die byeenkoms by te woon en wat ons help om nader aan Jehovah te kom. Jou vrywillige bydraes help om hierdie uitgawes te dek en ondersteun ook die wêreldwye werk. Duidelik gemerkte bydraebussies is vir jou gerief op verskillende plekke op die byeenkomsterrein geplaas. Alle bydraes word baie waardeer. Die Bestuursliggaam wil jou bedank vir jou vrygewigheid en omdat jy help om Koninkryksbelange te ondersteun.

NOODHULP Hou asseblief in gedagte dat dit SLEGS VIR NOODGEVALLE is.

VERLORE GOEDERE Alle verlore goedere wat gevind word, moet na die afdeling vir verlore goedere geneem word. As jy enigiets verloor het, kan jy na hierdie afdeling gaan en jou besittings uitken. Kinders wat van hulle ouers afgedwaal het, moet na hierdie afdeling geneem word. Maar pas asseblief jou kinders op en hou hulle by jou om enige onnodige stres te vermy vir almal wat betrokke is.

SITPLEK Neem asseblief ander in ag. Hou in gedagte dat sitplekke slegs gehou mag word vir jou gesin, diegene wat saam met jou in jou motor ry, wat in dieselfde huis as jy woon of met wie jy tans die Bybel studeer. Moet asseblief nie artikels op sitplekke rondom jou plaas as jy dit nie vir iemand hou nie.

VRYWILLIGERDIENS As jy met die werk by die byeenkoms wil help, moet jy asseblief by die Inligting- en Vrywilligerafdeling aanmeld.

Gereël deur die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies