Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIE 12

Hartlikheid en empatie

Hartlikheid en empatie

1 Tessalonisense 2:7, 8

WAT JY MOET DOEN: Wees opreg wanneer jy praat, en wys vir diegene wat na jou luister dat jy omgee.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Dink aan diegene wat na jou luister. Berei jou hart voor deur te dink aan die probleme wat hulle ondervind. Probeer om te verstaan hoe hulle voel.

  • Kies jou woorde versigtig. Maak dit jou doel om jou gehoor aan te moedig, te vertroos en te versterk. Moenie dinge sê wat hulle aanstoot sal gee nie. Moet ook nie op ’n negatiewe manier oor ongelowiges praat en die dinge waarin hulle opreg glo nie.

  • Wys dat jy belangstel. Wees vriendelik wanneer jy praat, en gebruik gepaste gebare om vir jou gehoor te wys dat jy regtig vir hulle omgee. Wees bewus van jou gesigsuitdrukkings en moenie vergeet om te glimlag nie.