Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIE 15

Praat met oortuiging

Praat met oortuiging

1 Tessalonisense 1:5

WAT JY MOET DOEN: Wys dat jy heeltemal oortuig is dat wat jy sê die waarheid is en dat dit belangrik is.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Berei deeglik voor. Bestudeer jou materiaal totdat jy verstaan wat die hoofgedagtes is en hoe die Bybel bewys dat dit waar is. Probeer om die hoofpunte van jou aanbieding in ’n paar woorde op te som. Fokus op hoe dit jou gehoor sal help. Bid vir heilige gees.

  • Gebruik woorde wat wys dat jy oortuig is. Gebruik jou eie woorde eerder as om die woorde van ’n publikasie woord vir woord te herhaal. Kies woorde wat wys dat jy oortuig is van wat jy sê.

  • Wees opreg wanneer jy praat. Praat hard genoeg. Behou oogkontak as dit nie jou gehoor aanstoot sal gee nie.