Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIE 17

Verstaanbaar vir ander

Verstaanbaar vir ander

1 Korintiërs 14:9

WAT JY MOET DOEN: Help diegene wat na jou luister om die betekenis van jou boodskap te verstaan.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Bestudeer jou inligting deeglik. Jy moet die onderwerp goed verstaan sodat jy dit op ’n eenvoudige manier en in jou eie woorde kan verduidelik.

  • Gebruik kort en eenvoudige sinne. Al kan jy langer sinne gebruik, moet jy belangrike punte oordra deur sinne kort en eenvoudig te hou.

  • Verduidelik onbekende terme. As dit moontlik is, vermy uitdrukkings wat onbekend is vir jou gehoor. As jy onbekende terme, Bybelkarakters of eertydse afmetings of gebruike moet noem, moet jy ’n verduideliking gee.