Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 04

Wie is God?

Wie is God?

Vir amper solank as wat mense al bestaan, het hulle baie gode en godinne aanbid. Maar die Bybel praat van een God wat “groter as al die ander gode” is (2 Kronieke 2:5). Wie is hierdie God? En wat maak hom groter as al die ander gode wat mense aanbid? Kyk in hierdie les hoe hierdie God hom aan jou voorstel.

1. Wat is God se naam, en hoe kan ons seker wees dat hy wil hê dat ons sy naam moet ken?

God stel homself in die Bybel aan ons voor. Hy sê: “Ek is Jehovah. Dit is my naam.” (Lees Jesaja 42:5, 8.) “Jehovah” is die vertaling van ’n Hebreeuse naam wat heel moontlik “Hy laat word” beteken. Jehovah wil hê dat ons sy naam moet ken (Eksodus 3:15). Hoe kan ons daarvan seker wees? Hy het sy naam meer as 7 000 keer in die Bybel laat neerskryf! a Die naam Jehovah behoort aan “die ware God . . . in die hemel daar bo en op die aarde hier onder”. – Deuteronomium 4:39.

2. Wat leer die Bybel ons oor Jehovah?

Mense aanbid baie gode, maar die Bybel sê dat Jehovah die enigste ware God is. Hoekom? Daar is ’n hele paar redes. Jehovah is die belangrikste Persoon in die heelal, en hy alleen is “die Allerhoogste oor die hele aarde”. (Lees Psalm 83:18.) Hy is “die Almagtige,” wat beteken dat hy die krag het om te doen wat hy ook al wil doen. Hy “het alles geskep” – die heelal en alle lewende dinge op die aarde (Openbaring 4:8, 11). Jehovah is die enigste een wat nog altyd bestaan het, en hy sal vir ewig bestaan. – Psalm 90:2.

SOEK DIEPER

Kom ons kyk wat die verskil is tussen God se titels en sy unieke naam. Ons sal ook leer hoe en hoekom hy sy naam aan jou bekend gemaak het.

3. God het baie titels, maar net een naam

Om te sien wat die verskil is tussen ’n persoon se titel en sy naam, speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

  • Wat is die verskil tussen ’n titel, soos “Here”, en ’n naam?

Die Bybel sê dat mense baie gode en here aanbid. Lees Psalm 136:1-3, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wie is “die God van die gode” en “die Here van die here”?

4. Jehovah wil hê dat jy sy naam moet ken en dit moet gebruik

Wat wys dat Jehovah wil hê dat jy sy naam moet ken? Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

  • Dink jy dat Jehovah wil hê dat almal sy naam moet ken? Hoekom?

Jehovah wil hê dat mense sy naam moet gebruik. Lees Romeine 10:13, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Hoe belangrik is dit om God se naam, Jehovah, te gebruik?

  • Hoe voel jy wanneer iemand jou naam onthou en dit gebruik?

  • Hoe dink jy voel Jehovah wanneer jy sy naam gebruik?

5. Jehovah wil hê dat jy nader aan hom moet kom

’n Vrou van Kambodja met die naam Soten het gesê dat dit haar gelukkiger as ooit gemaak het toe sy geleer het wat God se naam is. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

  • Watter uitwerking het dit op Soten gehad toe sy geleer het wat God se naam is?

Gewoonlik vind jy eers uit wat iemand se naam is voordat jy sy of haar vriend word. Lees Jakobus 4:8a, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Wat nooi Jehovah jou om te doen?

  • Hoe kan dit jou help om nader aan God te voel as jy sy naam ken en dit gebruik?

PARTY MENSE SÊ: “Daar is net een God, so dit maak nie saak wat jy hom noem nie.”

  • Glo jy dat God se naam Jehovah is?

  • Hoe sou jy verduidelik dat God wil hê dat ons sy naam moet gebruik?

WAT ONS GELEER HET

Jehovah is die naam van die enigste ware God. Hy wil hê dat ons daardie naam moet ken en dit moet gebruik sodat ons nader aan hom kan kom.

Hersiening

  • Hoe is Jehovah anders as al die ander gode wat mense aanbid?

  • Hoekom moet ons God se naam gebruik?

  • Wat wys dat Jehovah wil hê dat jy nader aan hom moet kom?

Doelwit

LEER MEER

Kyk na vyf redes hoekom ons daarvan seker kan wees dat God bestaan.

“Bestaan God werklik?” (Web-artikel)

Kyk hoekom dit sin maak om te glo dat God nog altyd bestaan het.

“Wie het God gemaak?” (Die Wagtoring, 1 Augustus 2014)

Vind uit hoekom ons God se naam moet gebruik, al weet ons nie hoe dit oorspronklik uitgespreek is nie.

“Wie is Jehovah?” (Web-artikel)

Maak dit saak wat ons God noem? Kyk hoekom ons kan sê dat hy net een persoonlike naam het.

“Hoeveel name het God?” (Web-artikel)

a Vir meer inligting oor die betekenis van God se naam en hoekom dit uit party vertalings van die Bybel uitgehaal is, sien Aanhangsel A4 in die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel.