Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 14

Hoe kan ons God op ’n aanvaarbare manier aanbid?

Hoe kan ons God op ’n aanvaarbare manier aanbid?

Ons het in die vorige les bespreek dat God nie alle godsdienste aanvaar nie. Maar ons kan ons Skepper aanbid op ’n manier wat hom gelukkig maak. Watter “vorm van aanbidding [of godsdiens]” is vir hom aanvaarbaar? (Jakobus 1:27, voetnoot). Kyk wat die Bybel leer.

1. Waarop moet ons aanbidding gebaseer wees?

Ons aanbidding moet op die Bybel gebaseer wees. Jesus het vir God gesê: “U woord is die waarheid” (Johannes 17:17). Party godsdienste ignoreer die waarheid in God se geïnspireerde Woord, die Bybel. Hulle vervang dit met dinge wat mense leer en met tradisies. Maar Jehovah aanvaar nie dié wat “die gebod van God [verwerp nie]”. (Lees Markus 7:9.) Aan die ander kant maak ons God gelukkig wanneer ons ons aanbidding op die Bybel baseer en die raad daarin volg.

2. Hoe moet ons Jehovah aanbid?

As ons Skepper, verdien Jehovah dat ons heeltemal aan hom toegewyd moet wees (Openbaring 4:11). Dit beteken dat ons hom moet liefhê en hom alleen moet aanbid, sonder om enige voorwerpe of beelde te gebruik. – Lees Jesaja 42:8.

Ons aanbidding moet “heilig en . . . aanvaarbaar” vir Jehovah wees (Romeine 12:1). Dit beteken dat ons sy wette moet gehoorsaam. Byvoorbeeld, mense wat lief is vir Jehovah, is lief vir sy standaarde vir die huwelik en is gehoorsaam daaraan. En hulle vermy slegte gewoontes, soos om tabak of dwelms te gebruik of om alkohol te misbruik. a

3. Hoekom moet ons Jehovah saam met ander aanbid?

Ons weeklikse vergaderinge gee ons die geleentheid om “Jehovah [te] prys . . . in die gemeente” (Psalm 111:1, 2). Een manier hoe ons dit doen, is deur lofliedere vir God te sing. (Lees Psalm 104:33.) Jehovah vra ons om die vergaderinge by te woon omdat hy ons liefhet, en hy weet dat dit ons sal help om die lewe vir ewig te geniet. By die vergaderinge moedig ons ander aan, en hulle moedig ons aan.

SOEK DIEPER

Vind uit hoekom Jehovah nie ons aanbidding aanvaar wanneer ons beelde gebruik nie. Kyk na belangrike maniere waarop ons God kan loof.

4. Ons moenie beelde in ons aanbidding gebruik nie

Hoe weet ons dat dit God ongelukkig sal maak wanneer ons dit doen? Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

  • Wat het gebeur toe party van God se aanbidders in Bybeltye probeer het om hom met die hulp van ’n afgod te aanbid?

Party mense probeer om nader aan God te voel deur beelde in hulle aanbidding te gebruik. Maar sal dit hulle regtig nader aan God bring? Lees Eksodus 20:4-6 en Psalm 106:35, 36, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Watter voorwerpe of beelde het jy al mense sien gebruik in hulle aanbidding?

  • Hoe voel Jehovah oor die gebruik van beelde?

  • Hoe voel jy oor die gebruik van beelde?

5. As ons Jehovah alleen aanbid, sal ons vry wees van valse idees

Kyk hoe ons vry kan wees van valse idees as ons Jehovah op die regte manier aanbid. Speel die VIDEO.

Lees Psalm 91:14, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wat belowe Jehovah om vir ons te doen wanneer ons wys dat ons hom liefhet deur hom alleen te aanbid?

6. Ons aanbid God by ons vergaderinge

Ons loof Jehovah en bou mekaar op wanneer ons by die vergaderinge sing en antwoorde gee. Lees Psalm 22:22, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Geniet jy dit wanneer jy antwoorde by die vergaderinge hoor?

  • Sal jy graag wil voorberei om ’n antwoord te gee?

7. Jehovah is bly wanneer ons ander vertel van die dinge wat ons leer

Ons kan ander op baie maniere van die waarheid in die Bybel vertel. Lees Psalm 9:1 en 34:1, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wat het jy uit die Bybel geleer wat jy graag vir iemand anders wil vertel?

PARTY MENSE SÊ: “Dit is onmoontlik om God tevrede te stel.”

  • Wat dink jy?

WAT ONS GELEER HET

Ons maak ons Skepper bly wanneer ons hom alleen aanbid, hom by vergaderinge loof en vir ander vertel wat ons geleer het.

Hersiening

  • Waar sê God vir ons hoe om hom op ’n aanvaarbare manier te aanbid?

  • Hoekom moet ons Jehovah alleen aanbid?

  • Hoekom moet ons God saam met ander aanbid wat hom gelukkig wil maak?

Doelwit

LEER MEER

In die lewensverhaal ‘Ek dien nie meer afgode nie’, lees hoe een vrou opgehou het om afgode te aanbid.

“Die Bybel verander lewens” (Die Wagtoring, 1 Julie 2011)

Leer wat jou kan help om antwoorde te gee by die vergaderinge.

“Loof Jehovah in die gemeente” (Die Wagtoring, Januarie 2019)

Kyk hoe die vergaderinge een jong man gehelp het, al was dit nie vir hom maklik om dit by te woon nie.

Jehovah het vir my gesorg (3:07)

Baie mense glo dat die kruis die Christelike godsdiens verteenwoordig, maar moet ons dit in ons aanbidding gebruik?

“Waarom gebruik Jehovah se Getuies nie die kruis in hulle aanbidding nie?” (Web-artikel)

a Hierdie onderwerpe sal later in hierdie boek bespreek word.