Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 16

Wat het Jesus gedoen terwyl hy op die aarde was?

Wat het Jesus gedoen terwyl hy op die aarde was?

Baie mense dink aan Jesus as ’n baba wat niks vir homself kan doen nie, as ’n wyse profeet of as ’n man wat besig is om te sterf. Maar kan ons meer oor hom leer deur te kyk na wat hy gedoen het toe hy op die aarde was? In hierdie les gaan ons kyk na party van die belangrikste dinge wat Jesus gedoen het en hoe dit jou raak.

1. Wat was Jesus se belangrikste werk?

Jesus se belangrikste werk was om “die goeie nuus van die Koninkryk van God . . . bekend [te] maak”. (Lees Lukas 4:43.) Hy het die goeie nuus verkondig dat God ’n koninkryk, of regering, sou vorm wat al mense se probleme sou oplos. a Jesus het drie en ’n half jaar lank baie hard gewerk om mense van hierdie aanmoedigende boodskap te vertel. – Matteus 9:35.

2. Wat was die doel van Jesus se wonderwerke?

Die Bybel sê dat God Jesus gebruik het om “kragtige werke, wonderwerke en tekens” te doen (Handelinge 2:22). God het Jesus die krag gegee om die weer te beheer, om vir duisende mense kos te gee, om die siekes gesond te maak en om selfs die dooies weer lewend te maak (Matteus 8:23-27; 14:15-21; Markus 6:56; Lukas 7:11-17). Jesus se wonderwerke het duidelik gewys dat God hom gestuur het. Dit het ook gewys dat Jehovah die krag het om al ons probleme op te los.

3. Wat kan ons leer uit die manier waarop Jesus gelewe het?

Jesus was altyd gehoorsaam aan Jehovah. (Lees Johannes 8:29.) Jesus het sy hele lewe lank, totdat hy gesterf het, alles gedoen wat sy Vader hom gevra het, al het baie mense hom probeer keer om dit te doen. Hy het bewys dat dit moontlik is vir mense om God te dien, selfs al is dit baie moeilik. So het Jesus vir ons “’n voorbeeld gelaat sodat [ons] sy voetstappe noukeurig kan volg”. – 1 Petrus 2:21.

SOEK DIEPER

Kyk hoe Jesus mense van die goeie nuus vertel het en wonderwerke gedoen het.

4. Jesus het mense van die goeie nuus vertel

Jesus het honderde kilometers op stowwerige paaie geloop en soveel mense as moontlik van die goeie nuus vertel. Lees Lukas 8:1, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Het Jesus net vir mense gepreek wat bymekaargekom het om na hom te luister?

  • Watter moeite het Jesus gedoen om mense te vind?

God het voorspel dat die Messias mense van die goeie nuus sou vertel. Lees Jesaja 61:1, 2, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Wat het Jesus gedoen wat hierdie profesie laat waar word het?

  • Dink jy mense moet hierdie goeie nuus hoor?

5. Jesus het mense waardevolle lesse geleer

Jesus het mense van die goeie nuus van God se Koninkryk vertel, en hy het hulle ook lesse geleer wat hulle kon help. Kyk na ’n paar voorbeelde uit sy bekende Bergpredikasie. Lees Matteus 6:14, 34 en 7:12, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Watter goeie raad het Jesus in hierdie verse gegee?

  • Dink jy dat hierdie raad mense vandag nog kan help?

6. Jesus het wonderwerke gedoen

Jehovah het Jesus die krag gegee om baie wonderwerke te doen. Om ’n voorbeeld te sien, lees Markus 5:25-34 of speel die VIDEO. Bespreek dan die volgende vrae.

  • Wat het die siek vrou in die video geglo?

  • Wat het vir jou uitgestaan omtrent hierdie wonderwerk?

Lees Johannes 5:36, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Waarvan het Jesus se wonderwerke “getuig”, of wat het dit oor hom bewys?

Het jy geweet?

Die meeste van die dinge wat ons oor Jesus weet, kom uit die vier Bybelboeke wat die Evangelies genoem word – Matteus, Markus, Lukas en Johannes. Elke skrywer het verskillende dinge oor Jesus neergeskryf. Wanneer ons al vier boeke lees, gee dit ons ’n interessante prentjie van sy lewe.

  • MATTEUS

    het sy boek eerste geskryf. Dit vertel ons van baie van die dinge wat Jesus ander geleer het, veral wat hy ander oor die Koninkryk van God geleer het.

  • MARKUS

    se boek is die kortste. Dit praat van baie opwindende dinge wat gebeur het.

  • LUKAS

    vertel ons hoe belangrik gebed vir Jesus was en beskryf die liefdevolle manier waarop Jesus vrouens behandel het.

  • JOHANNES

    vertel ons van baie dinge waaroor Jesus met sy goeie vriende en ander gesels het. Dit help ons om te sien watter soort persoon Jesus was.

PARTY MENSE SÊ: “Jesus was net ’n goeie mens en niks meer nie.”

  • Wat dink jy?

WAT ONS GELEER HET

Jesus het mense van God se Koninkryk vertel, het wonderwerke gedoen en was altyd gehoorsaam aan Jehovah.

Hersiening

  • Wat was Jesus se belangrikste werk terwyl hy op die aarde was?

  • Wat bewys Jesus se wonderwerke?

  • Watter goeie lesse het Jesus mense geleer?

Doelwit

LEER MEER

Kyk hoekom ons kan glo dat Jesus se wonderwerke regtig gebeur het.

“Die wonderwerke van Jesus—Wat kan jy daaruit leer?” (Die Wagtoring, 15 Julie 2004)

Lees hoe een man se lewe verander het toe hy geleer het hoe baie Jesus vir ander mense omgegee het.

“My lewe het net om myself gedraai” (Die Wagtoring, 1 Oktober 2014)

Kyk na ’n lys van die belangrikste dinge wat Jesus gedoen het in die volgorde waarin hy dit gedoen het.

“Belangrikste gebeurtenisse van Jesus se lewe op die aarde” (Die Bybel – Nuwe Wêreld -vertaling, Aanhangsel A7)

a Les 31-33 sal God se Koninkryk in meer detail bespreek.