Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 18

Hoe om regte Christene te identifiseer

Hoe om regte Christene te identifiseer

Miljarde mense sê dat hulle Christene is. Maar hulle glo nie almal dieselfde dinge nie, en hulle lewe ook nie volgens dieselfde standaarde nie. So hoe kan ons regte Christene identifiseer?

1. Wat is ’n Christen?

Christene is dissipels, of volgelinge, van Jesus Christus. (Lees Handelinge 11:26.) Hoe wys hulle dat hulle Jesus se dissipels is? Hy het gesê: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle werklik my dissipels” (Johannes 8:31). Dit beteken dat regte Christene gehoorsaam moet wees aan die dinge wat Jesus geleer het. Jesus het mense altyd geleer wat die Bybel sê, en regte Christene baseer ook die dinge wat hulle glo, op die Bybel. – Lees Lukas 24:27.

2. Hoe wys regte Christene liefde?

Jesus het vir sy volgelinge gesê: “Julle moet mekaar liefhê net soos ek julle liefgehad het” (Johannes 15:12). Hoe het Jesus gewys dat hy lief is vir sy dissipels? Hy het tyd met hulle spandeer, hulle aangemoedig en hulle gehelp. Hy het selfs sy lewe vir hulle gegee (1 Johannes 3:16). Net soos Jesus, sê regte Christene nie net dat hulle lief is vir mense nie. Hulle wys deur hulle woorde en deur die dinge wat hulle doen, dat hulle lief is vir mekaar.

3. Watter werk doen regte Christene?

Jesus het vir sy dissipels werk gegee. “Hy het hulle uitgestuur om die Koninkryk van God te verkondig” (Lukas 9:2). Die vroeë Christene het nie net gepreek in die plekke waar hulle God aanbid het nie, maar ook op ander openbare plekke en by mense se huise. (Lees Handelinge 5:42; 17:17.) Net so preek regte Christene vandag vir mense waar hulle ook al is. Hulle is lief vir ander mense, en daarom gebruik hulle graag hulle tyd en energie om mense te vertel van die Bybel se boodskap van hoop en vertroosting. – Markus 12:31.

SOEK DIEPER

Kyk wat regte Christene anders maak as mense wat nie gehoorsaam is aan die dinge wat Jesus leer nie en nie sy voorbeeld volg nie.

4. Hulle soek na die waarheid in die Bybel

Die vroeë Christene het God se Woord waardeer

Nie almal wat sê dat hulle Christene is, dink dat dit belangrik is om die waarheid in die Bybel te verstaan of om dit toe te pas nie. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

  • Wat het party kerke wat sê dat hulle Christelik is, mense geleer wat anders is as die dinge wat Jesus geleer het?

Jesus het mense die waarheid uit God se Woord geleer. Lees Johannes 18:37, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Volgens Jesus, hoe kan ons Christene identifiseer wat “aan die kant van die waarheid” is?

5. Hulle vertel mense van die waarheid in die Bybel

Die vroeë Christene het vir ander gepreek

Voordat Jesus hemel toe gegaan het, het hy sy volgelinge ’n werk gegee wat tot vandag toe gedoen word. Lees Matteus 28:19, 20 en Handelinge 1:8, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Tot wanneer en hoe ver sou Jesus se volgelinge preek?

6. Hulle lewe volgens die dinge wat hulle aan ander leer

Wat het ’n man met die naam Tom oortuig dat hy die regte godsdiens gevind het? Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

  • Wat het veroorsaak dat Tom teleurgesteld was in godsdiens?

  • Hoekom is hy oortuig dat hy die regte godsdiens gevind het?

Wat jy doen, is belangriker as wat jy sê. Lees Matteus 7:21, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wat is belangriker vir Jesus – wat ons ons glo of wat ons wys deur die dinge wat ons doen?

7. Hulle is lief vir mekaar

Die vroeë Christene was lief vir mekaar

Het Christene regtig hulle lewens in gevaar gestel vir ander Christene? Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

  • Hoekom het Lloyd sy lewe in gevaar gestel vir broer Johansson?

  • Dink jy dat hy soos ’n regte Christen opgetree het?

Lees Johannes 13:34, 35, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Hoe sal Jesus se dissipels (regte Christene) mense van ’n ander ras of nasie behandel?

  • Wat sal liefde Christene gedurende ’n oorlog motiveer om te doen?

PARTY MENSE SÊ: “Christene het verskriklike dinge gedoen – hoe kan hulle die regte godsdiens hê?”

  • Watter vers kan jy vir iemand lees wat wys hoe ons regte Christene kan identifiseer?

WAT ONS GELEER HET

Regte Christene is gehoorsaam aan wat die Bybel sê, wys selfopofferende liefde en vertel ander van die waarheid in die Bybel.

Hersiening

  • Waarop baseer regte Christene die dinge wat hulle glo?

  • Watter eienskap identifiseer regte Christene?

  • Watter werk doen regte Christene?

Doelwit

LEER MEER

Leer meer oor ’n groep mense wat hulle bes doen om Jesus Christus se voorbeeld te volg en om gehoorsaam te wees aan die dinge wat hy leer.

Jehovah se Getuies — Wie is ons? (1:13)

Kyk hoe ’n vrou wat voorheen ’n non was, “’n ware geestelike gesin” gevind het.

“Hulle het die Bybel gebruik om al my vrae te beantwoord!” (Die Wagtoring, 1 April 2014)

Leer hoe regte Christene liefde wys vir ander Christene wat hulp nodig het.

Ons broers word gehelp wanneer daar ’n ramp is – Uittreksel (3:57)

Kyk hoe die vroeë Christene en regte Christene vandag die dinge doen wat Jesus gesê het sy volgelinge sou identifiseer.

“Wat is die kenmerke van die ware Christelike geloof?” (Die Wagtoring, 1 Maart 2012)