Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 24

Wie is die engele en wat doen hulle?

Wie is die engele en wat doen hulle?

Jehovah wil hê dat ons oor sy familie in die hemel moet leer. Daardie familie sluit engele in, wat “seuns van God” genoem word (Job 38:7). Wat sê die Bybel oor engele? Watter invloed het hulle op mense? En is alle engele deel van God se familie?

1. Wie is die engele?

Jehovah het engele gemaak voordat hy die aarde gemaak het. Nes hy, is hulle onsigbaar en woon hulle in die hemel (Hebreërs 1:14). Daar is miljoene engele, en elkeen het sy eie persoonlikheid (Openbaring 5:11). Die Bybel sê dat die engele “[Jehovah se] woord uitvoer en sy stem gehoorsaam” (Psalm 103:20). In die ou tyd het Jehovah soms engele gestuur om boodskappe oor te dra en om sy aanbidders te help en te red. Vandag lei engele Christene na mense wat oor God wil leer.

2. Wie is Satan en sy demone?

Party engele het nie lojaal aan Jehovah gebly nie. Die eerste engel wat gerebelleer het, is “die een wat Duiwel en Satan genoem word, wat die hele aarde mislei” (Openbaring 12:9). Satan wou oor ander regeer, en daarom het hy die eerste mense en later selfs ander engele beïnvloed om ongehoorsaam aan Jehovah te wees. Daardie slegte engele word demone genoem. Jehovah het hulle uit die hemel na die aarde toe laat neergooi, en hulle sal vernietig word. – Lees Openbaring 12:9, 12.

3. Hoe probeer Satan en die demone ons mislei?

Satan en die demone mislei baie mense deur demonisme, of spiritisme – dit is die slegte gebruik om met geeste te probeer kommunikeer. Byvoorbeeld, party mense gaan na sterrevoorspellers, toordokters, fortuinvertellers of ander mense wat dink dat hulle met die dooies kan kommunikeer. Party lees wat hulle sterreteken voorspel in die koerant of in tydskrifte of kry mediese behandeling wat met spiritisme te doen het. Mense word ook mislei om te glo dat hulle met die dooies kan praat. Maar Jehovah waarsku ons: “Moenie hulp gaan soek by mense wat geeste oproep nie, en moenie fortuinvertellers gaan sien . . . nie” (Levitikus 19:31). Hy gee ons hierdie waarskuwing om ons teen Satan en die demone te beskerm. Hulle is God se vyande, en hulle wil slegte dinge aan ons doen.

SOEK DIEPER

Leer oor die goeie dinge wat engele doen, hoe gevaarlik spiritisme is en hoe ons onsself teen Satan en die demone kan beskerm.

4. Engele help mense om van Jehovah te leer

God se engele preek nie direk vir mense nie. Hulle kan eerder God se aanbidders lei na mense wat oor hom wil leer. Lees Openbaring 14:6, 7, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Hoekom het ons die engele se hulp nodig om te preek?

  • Moedig dit jou aan om te weet dat die engele jou kan lei na mense wat van die Bybel moet hoor? Hoekom?

5. Bly weg van spiritisme af

Satan en die demone is Jehovah se vyande. Hulle is ook ons vyande. Lees Lukas 9:38-42, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wat doen die demone aan mense?

Ons wil nie toelaat dat die demone ons beïnvloed nie. Lees Deuteronomium 18:10-12, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Op watter maniere probeer die demone ons beïnvloed en met ons kommunikeer? Watter demoniese gebruike is algemeen waar jy bly?

  • Dink jy dat dit goed is dat Jehovah sê dat ons moet wegbly van spiritistiese gebruike af? Hoekom?

Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

  • Dink jy dat die bandjie wat Palesa se dogtertjie gedra het, ’n slegte ding was? Hoekom?

  • Wat moes Palesa doen om teen die demone beskerm te word?

Regte Christene het nog altyd die demone teëgestaan. Lees Handelinge 19:19 en 1 Korintiërs 10:21, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoekom is dit belangrik om enige iets wat jy het wat met spiritisme te doen het, te vernietig?

6. Wen die geveg teen Satan en sy demone

Satan is in beheer van die demone. Maar die lojale engele word gelei deur die aartsengel, of leier van die engele, Migael. Migael is ’n ander naam vir Jesus. Hoeveel krag het Migael? Lees Openbaring 12:7-9, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Wie het meer krag? Migael en sy engele of Satan en sy demone?

  • Dink jy dat Jesus se volgelinge bang moet wees vir Satan en sy demone?

Jy kan die geveg teen Satan en sy demone wen. Lees Jakobus 4:7, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe kan jy jouself teen Satan en die demone beskerm?

PARTY MENSE SÊ: “Daar’s niks daarmee verkeerd om speletjies te speel of flieks te kyk met spiritisme in nie. Dis mos maar net om te ontspan.”

  • Hoekom is dit gevaarlik om so te dink?

WAT ONS GELEER HET

Lojale engele help ons. Satan en sy demone is Jehovah se vyande, en hulle gebruik spiritisme om mense te mislei.

Hersiening

  • Hoe help Jehovah se engele mense om van hom te leer?

  • Wie is Satan en sy demone?

  • Hoekom wil jy niks met spiritisme te doen hê nie?

Doelwit

LEER MEER

Kyk na die bewyse dat Jesus die aartsengel Migael is.

“Wie is die aartsengel Migael?” (Web-artikel)

Kyk na die bewyse dat die Duiwel ’n regte persoon is.

“Bestaan die Duiwel werklik?” (Web-artikel)

Vind uit hoe ’n vrou dit reggekry het om niks meer met die demone te doen te hê nie.

“Sy het ’n doel in die lewe gevind” (Die Wagtoring, 1 Julie 1993)