Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 27

Hoe kan Jesus se dood ons red?

Hoe kan Jesus se dood ons red?

Ons sondig, kry swaar en gaan dood omdat die eerste mense, Adam en Eva, ongehoorsaam was aan God. a Maar daar is hoop vir ons. Jehovah het dit moontlik gemaak vir ons om van sonde en die dood gered te word deur middel van sy Seun, Jesus Christus. Die Bybel leer dat Jesus deur sy dood ’n losprys voorsien het. ’n Losprys is die prys wat betaal word om iemand te bevry. Die prys wat Jesus betaal het, was die waarde van sy volmaakte menselewe. (Lees Matteus 20:28.) Toe Jesus gewillig sy reg om vir ewig op die aarde te lewe, opgegee het, het hy dit vir ons moontlik gemaak om alles terug te kry wat Adam en Eva verloor het. Jesus het ook gewys hoe lief hy en Jehovah vir ons is. Hierdie les sal jou help om Jesus se dood meer te waardeer.

1. Hoe kan Jesus se dood ons vandag help?

Omdat ons sondaars is, doen ons baie dinge waarmee Jehovah nie tevrede is nie. Maar as ons regtig jammer is oor ons sondes en Jehovah deur Jesus Christus vra om ons te vergewe en as ons ons bes doen om nie dieselfde foute te maak nie, kan ons ’n goeie vriendskap met God hê (1 Johannes 2:1). Die Bybel sê: “Christus het eens en vir altyd vir sondes gesterf, ’n regverdige vir onregverdiges, om julle na God te lei.” – 1 Petrus 3:18.

2. Hoe sal Jesus se dood ons in die toekoms help?

Jehovah het Jesus gestuur om sy volmaakte menselewe op te offer “sodat elkeen wat geloof in [Jesus] beoefen, nie vernietig sal word nie, maar die ewige lewe kan hê” (Johannes 3:16). Omdat Jesus sy lewe opgeoffer het, sal Jehovah binnekort al die slegte dinge wegneem wat deur Adam se ongehoorsaamheid veroorsaak is – dit sal wees asof dit nooit daar was nie. Dit beteken dat as ons wys dat ons geloof in Jesus se offerande het, sal ons die geleentheid hê om die lewe vir ewig te geniet op ’n paradysaarde! – Jesaja 65:21-23.

SOEK DIEPER

Leer meer oor hoekom Jesus sy lewe opgegee het, en kyk hoe dit jou kan help.

3. Jesus se dood maak ons vry van sonde en die dood

Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

  • Watter geleentheid het Adam verloor toe hy ongehoorsaam was aan God?

Lees Romeine 5:12, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe het Adam se sonde jou lewe geraak?

Lees Johannes 3:16, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoekom het Jehovah sy Seun na die aarde toe gestuur?

  1. Adam was ’n volmaakte man wat ongehoorsaam was aan God, en daarom sondig mense en gaan hulle dood

  2. Jesus was ’n volmaakte man wat gehoorsaam was aan God, en daarom het mense die geleentheid om volmaak te word en vir ewig te lewe

4. Jesus se dood kan alle mense help

Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

  • Hoe kon die dood van een man alle mense help?

Lees 1 Timoteus 2:5, 6, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Adam was ’n volmaakte man, maar omdat hy gesondig het, sondig alle mense en gaan hulle dood. Jesus was ook ’n volmaakte man. Wat het Jesus se dood moontlik gemaak wat hom “’n ooreenstemmende losprys” gemaak het?

5. Die losprys is Jehovah se geskenk aan jou

Jehovah se vriende sien die losprys as ’n persoonlike geskenk. Byvoorbeeld, lees Galasiërs 2:20, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe het die apostel Paulus gewys dat hy die losprys as ’n persoonlike geskenk gesien het?

Omdat Adam gesondig het, sou hy, al sy kinders en alle ander mense uiteindelik sterf. Maar Jehovah het sy Seun gestuur om te sterf sodat jy die geleentheid kan hê om die ewige lewe te geniet.

Terwyl jy die volgende verse lees, dink net hoe Jehovah moes gevoel het terwyl sy Seun gely het. Lees Johannes 19:1-7, 16-18, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe voel jy oor wat Jehovah en Jesus vir jou gedoen het?

IEMAND VRA DALK: “Hoe kon een man vir alle mense gesterf het?”

  • Wat sal jy sê?

WAT ONS GELEER HET

Omdat Jesus gesterf het, kan Jehovah ons sondes vergewe en kan ons vir ewig lewe.

Hersiening

  • Hoekom het Jesus gesterf?

  • Wat het Jesus se dood moontlik gemaak wat hom ’n ooreenstemmende losprys gemaak het?

  • Hoe kan Jesus se dood jou help?

Doelwit

LEER MEER

Leer hoekom Jesus se volmaakte menselewe ’n losprys genoem word.

“Hoe is Jesus se offerande ‘’n losprys in ruil vir baie’?” (Web-artikel)

Vind uit wat ons moet doen om gered te word.

“Jesus red — Hoe?” (Web-artikel)

Kan Jehovah selfs ernstige sondes vergewe?

“Antwoorde op Bybelvrae” (Die Wagtoring, 1 Mei 2013)

Kyk hoe ’n man sy persoonlikheid verander het toe hy oor Christus se offerande geleer het.

“Ek is nie meer ’n slaaf van geweld nie” (Web-artikel)

a Sonde is nie net om iets slegs te doen nie. Sonde verwys ook na die slegte toestand wat ons geërf het.