Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 32

God se Koninkryk regeer nou!

God se Koninkryk regeer nou!

God se Koninkryk het in die jaar 1914 in die hemel begin regeer. Dit is ook toe die laaste dae van menseregerings begin het. Hoe weet ons dit? Ons sal kyk na wat die Bybel voorspel het en na wat vanaf 1914 in die wêreld gebeur het en hoe mense begin optree het.

1. Wat het die Bybel voorspel?

Die Bybelboek Daniël wys dat God se Koninkryk sou begin regeer aan die einde van ’n tydperk wat “sewe tye” genoem word (Daniël 4:16, 17). Honderde jare later het Jesus daardie selfde tydperk “die vasgestelde tye van die nasies” genoem, en hy het mense geleer dat dit nog nie geëindig het nie (Lukas 21:24). Soos ons sal sien, het die sewe tye in die jaar 1914 geëindig.

2. Wat het vanaf 1914 in die wêreld gebeur en hoe het mense begin optree?

Jesus se dissipels het vir hom gevra: “Wat sal die teken wees van u teenwoordigheid en dat die einde van die wêreldstelsel naby is?” (Matteus 24:3). Jesus het hulle geantwoord deur baie dinge te voorspel wat sou gebeur nadat hy in die hemel as Koning van God se Koninkryk begin regeer het. Party van hierdie dinge is oorloë, voedseltekorte en aardbewings. (Lees Matteus 24:7.) Die Bybel het ook voorspel dat die lewe “moeilik [sou wees] om deur te kom” as gevolg van hoe mense in “die laaste dae” sou optree (2 Timoteus 3:1-5). Hierdie dinge kon veral gesien word vanaf 1914.

3. Hoekom het die wêreld so sleg geword vandat God se Koninkryk begin regeer het?

Kort nadat Jesus Koning van God se Koninkryk geword het, het hy in die hemel oorlog gevoer teen Satan en die demone. Satan het daardie oorlog verloor. Die Bybel sê: “Hy is na die aarde neergegooi, en sy engele is saam met hom neergegooi” (Openbaring 12:9, 10, 12). Satan is baie kwaad, want hy weet dat hy vernietig sal word. Daarom veroorsaak hy pyn en swaarkry regoor die aarde. Geen wonder toestande in die wêreld is so sleg nie! God se Koninkryk sal al hierdie probleme oplos.

SOEK DIEPER

Kyk hoe ons weet dat die Koninkryk in 1914 begin regeer het en wat dit vir ons moet beteken.

4. Bybelprofesieë wys dat die Koninkryk in 1914 begin regeer het

God het vir koning Nebukadnesar van eertydse Babilon in ’n droom gewys wat in die toekoms gaan gebeur. Daardie droom en Daniël se verduideliking daarvan het gewys dat die droom oor Nebukadnesar se heerskappy en ook oor God se Koninkryk gegaan het. – Lees Daniël 4:17. a

Lees Daniël 4:20-26, en gebruik dan die tabel om die volgende vrae te beantwoord:

  • (A) Wat het Nebukadnesar in sy droom gesien? – Sien vers 20 en 21.

  • (B) Wat sou met die boom gebeur? – Sien vers 23.

  • (C) Wat sou aan die einde van die “sewe tye” gebeur? – Sien vers 26.

Wat die droom oor die boom met God se Koninkryk te doen het

DIE PROFESIE (Daniël 4:20-36)

Heerskappy

(A) ’n Baie groot boom

Heerskappy onderbreek

(B) “Kap die boom af”, en laat “sewe tye [verbygaan]”

Heerskappy herstel

(C) “U koninkryk [sal] weer aan u . . . behoort”

In die eerste vervulling van hierdie profesie . . . 

  • (D) Wie was deur die boom voorgestel? – Sien vers 22.

  • (E) Wanneer het hy ophou regeer? – Lees Daniël 4:29-33.

  • (F) Wat het met Nebukadnesar gebeur aan die einde van die “sewe tye”? – Lees Daniël 4:34-36.

EERSTE VERVULLING

Heerskappy

(D) Nebukadnesar, koning van Babilon

Heerskappy onderbreek

(E) Ná 606 VHJ, Nebukadnesar verloor sy verstand en kan vir sewe letterlike jare nie regeer nie

Heerskappy herstel

(F) Nebukadnesar kry sy verstand terug en begin weer regeer

In die tweede vervulling van hierdie profesie . . . 

  • (G) Wie was deur die boom voorgestel? – Lees 1 Kronieke 29:23.

  • (H) Wanneer het hulle ophou regeer? Hoe weet ons dat hulle nie regeer het toe Jesus op die aarde was nie? – Lees Lukas 21:24.

  • (I) Wanneer en waar was hierdie heerskappy herstel?

TWEEDE VERVULLING

Heerskappy

(G) Israelitiese konings wat God se heerskappy verteenwoordig

Heerskappy onderbreek

(H) Jerusalem word vernietig, en dit onderbreek die lyn van Israelitiese konings vir 2 520 jaar

Heerskappy herstel

(I) Jesus begin in die hemel regeer as Koning van God se Koninkryk

Hoe lank is die sewe tye?

Party dele van die Bybel help ons om ander dele te verstaan. Byvoorbeeld, die Bybelboek Openbaring sê dat drie en ’n half tye gelyk is aan 1 260 dae (Openbaring 12:6, 14). Sewe tye is twee keer daardie getal, of 2 520 dae. In die Bybel beteken die woord “dag” soms ’n jaar (Esegiël 4:6). So die sewe tye in die boek Daniël is 2 520 jaar lank.

5. Die wêreld het verander vanaf 1914

Jesus het voorspel hoe die wêreld sou wees nadat hy Koning geword het. Lees Lukas 21:9-11, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Watter van hierdie dinge het jy al gesien of van gehoor?

Die apostel Paulus het beskryf hoe mense sou wees in die laaste dae van menseregerings. Lees 2 Timoteus 3:1-5, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Watter van hierdie dinge het jy al gesien?

6. Die feit dat God se Koninkryk regeer, moet ons motiveer

Lees Matteus 24:3, 14, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Watter belangrike werk wys dat God se Koninkryk nou regeer?

  • Hoe kan jy deelneem aan hierdie werk?

God se Koninkryk regeer nou, en die dag wanneer dit heeltemal in beheer van die aarde sal wees, is naby. Lees Hebreërs 10:24, 25, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wat moet elkeen van ons doen terwyl ons “die dag sien nader kom”?

As jy iets geleer het wat ander kan help en hulle lewens kan red, wat sal jy doen?

IEMAND VRA DALK: “Hoekom praat Jehovah se Getuies so baie oor 1914?”

  • Wat sal jy sê?

WAT ONS GELEER HET

Bybelprofesieë en toestande in die wêreld bewys dat God se Koninkryk nou regeer. Ons wys dat ons dit glo deur vir ander daarvan te vertel en vergaderinge by te woon.

Hersiening

  • Wat het gebeur aan die einde van die sewe tye wat in die Bybelboek Daniël voorspel word?

  • Wat oortuig jou dat God se Koninkryk in 1914 begin regeer het?

  • Hoe kan jy wys dat jy glo dat die Koninkryk nou regeer?

Doelwit

LEER MEER

Leer wat party mense en mense wat oor die geskiedenis skryf, sê oor veranderinge in die wêreld vanaf 1914.

“’n Tyd toe sedes drasties agteruitgegaan het” (Ontwaak!, April 2007)

a Sien die  laaste twee artikels in die deel LEER MEER van hierdie les.