Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 33

Wat die Koninkryk sal doen

Wat die Koninkryk sal doen

God se Koninkryk regeer alreeds. Binnekort sal dit groot veranderinge op die aarde maak. Kom ons kyk na party van die goeie dinge waarna jy kan uitsien onder God se Koninkryk.

1. Hoe sal God se Koninkryk sorg dat daar weer vrede en regverdigheid op die aarde is?

Jesus, die Koning van God se Koninkryk, sal slegte mense en regerings by die oorlog van Armageddon vernietig (Openbaring 16:14, 16). Teen daardie tyd sou die volgende belofte in die Bybel al heeltemal waar geword het: “Nog net ’n klein rukkie en die goddeloses sal nie meer bestaan nie” (Psalm 37:10). Deur middel van die Koninkryk sal Jesus seker maak dat daar vrede en regverdigheid op die hele aarde is. – Lees Jesaja 11:4.

2. Hoe sal die lewe wees wanneer God se wil op die aarde gedoen word?

Wanneer God se Koninkryk regeer, sal “die regverdiges . . . die aarde besit, en hulle sal vir ewig daarop lewe” (Psalm 37:29). Verbeel jou jy lewe in ’n wêreld waar daar net goeie mense is wat almal lief is vir Jehovah en vir mekaar! Niemand sal siek word nie, en almal sal vir ewig lewe.

3. Wat sal God se Koninkryk doen nadat slegte mense vernietig is?

Nadat slegte mense vernietig is, sal Jesus vir 1 000 jaar as Koning regeer. Gedurende daardie tyd sal hy en die 144 000 wat saam met hom sal regeer, mense op die aarde help om volmaak te word. Aan die einde van die 1 000 jaar sal die hele aarde ’n pragtige paradys wees, en alle mense sal gelukkig wees omdat hulle aan Jehovah se wette gehoorsaam is. Jesus sal dan die Koninkryk teruggee aan sy Vader, Jehovah. Jehovah se “naam [sal] geheilig word” soos nog nooit tevore nie (Matteus 6:9, 10). Teen daardie tyd sal daar genoeg bewyse wees dat Jehovah ’n goeie Heerser is wat omgee vir die mense oor wie hy regeer. Dan sal Jehovah Satan en die demone vernietig, en enige iemand anders wat kies om teen Sy heerskappy te rebelleer (Openbaring 20:7-10). Die perfekte toestande wat deur God se Koninkryk moontlik gemaak sal word, sal vir ewig daar wees.

SOEK DIEPER

Kyk hoekom ons kan vertrou dat God die Koninkryk sal gebruik om al die Bybel se beloftes vir ons toekoms te laat waar word.

4. God se Koninkryk sal menseregerings vernietig

“Die mens [heers] oor die mens . . . tot sy nadeel” (Prediker 8:9). Jehovah sal sy Koninkryk gebruik om ’n einde te maak aan die slegte dinge wat deur onregverdigheid veroorsaak is.

Lees Daniël 2:44 en 2 Tessalonisense 1:6-8, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Wat sal Jehovah en sy Seun, Jesus, met menseregerings en hulle ondersteuners doen?

  • Hoe verseker die dinge wat jy oor Jehovah en Jesus geleer het jou dat hulle regverdig sal optree?

5. Jesus is die beste Koning

As Koning van God se Koninkryk, sal Jesus mense op die aarde op baie maniere help. Speel die VIDEO om te sien hoe Jesus alreeds gewys het dat hy mense wil help en dat God hom die krag gegee het om dit te doen.

Die dinge wat Jesus gedoen het toe hy op die aarde was, het gewys wat die Koninkryk in die toekoms sal doen. Na watter van die seëninge wat hier genoem word, sien jy veral uit? Om meer oor hierdie seëninge te leer, lees die tekste langs die seëninge.

TERWYL JESUS OP DIE AARDE WAS, HET HY . . . 

VANUIT DIE HEMEL SAL JESUS . . . 

  • hongersnood regoor die wêreld wegneem. – Psalm 72:16.

  • seker maak dat almal perfekte gesondheid het. – Jesaja 33:24.

6. God se Koninkryk sal ’n wonderlike toekoms bring

Die Koninkryk sal mense die wonderlike lewe gee wat Jehovah nog altyd vir hulle wou hê. Hulle sal vir ewig op ’n paradysaarde lewe. Speel die VIDEO om te sien hoe Jehovah sy Seun, Jesus, gebruik om Sy doel vir die mensdom te bereik.

Lees Psalm 145:16, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe laat dit jou voel om te weet dat Jehovah “die begeerte van alles wat lewe [sal bevredig]”?

PARTY MENSE SÊ: “As ons almal saamwerk, kan ons die wêreld se probleme oplos.”

  • Watter probleme sal God se Koninkryk oplos wat menseregerings nie kan oplos nie?

WAT ONS GELEER HET

God se Koninkryk sal sy doel bereik. Dit sal die aarde in ’n wêreldwye paradys verander vol goeie mense wat Jehovah vir ewig sal aanbid.

Hersiening

  • Hoe sal God se Koninkryk Jehovah se naam heilig?

  • Hoekom kan ons glo dat God se Koninkryk die Bybel se beloftes sal laat waar word?

  • Van al die goeie dinge wat die Koninkryk sal bring, na watter een sien jy die meeste uit?

Doelwit

LEER MEER

Jesus sal vir 1 000 jaar as Koning regeer. Kyk wat gedurende en aan die einde van daardie tydperk sal gebeur.

“Wat sal tydens die Oordeelsdag gebeur?” (Die Wagtoring, 1 September 2012)

Kyk hoe families hulle kan verbeel hoe die lewe in die Paradys sal wees.

Sien jouself in die Paradys (1:50)

Lees die artikel “Daar was baie vrae wat my gekwel het” en leer hoe ’n politieke rebel die oplossings gekry het waarna hy gesoek het.

“Die Bybel verander lewens” (Die Wagtoring, 1 Januarie 2012)