Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 41

Wat sê die Bybel oor seks?

Wat sê die Bybel oor seks?

Baie mense voel ongemaklik om oor seks te praat. Maar wanneer die Bybel oor seks praat, is dit op ’n reguit en respekvolle manier. Wat dit sê, help ons. Dit maak sin omdat die Bybel van Jehovah af kom en hy ons Skepper is. So hy weet wat die beste vir ons is. Hy sê vir ons wat ons moet doen om hom gelukkig te maak en wat ons sal help om die lewe vir ewig te geniet.

1. Hoe beskou Jehovah seks?

Seks is ’n geskenk van Jehovah af. Hy wil hê dat dit geniet moet word deur ’n man en ’n vrou wat met mekaar getroud is. Hierdie geskenk laat paartjies nie net toe om kinders te hê nie, maar ook om hulle liefde op ’n natuurlike en aangename manier vir mekaar te wys. Daarom sê God se Woord: “Vind vreugde in die vrou van jou jeug” (Spreuke 5:18, 19). Jehovah verwag van getroude Christene om lojaal te wees aan hulle huweliksmaat, en daarom sal hulle nooit egbreuk pleeg nie. – Lees Hebreërs 13:4.

2. Wat is seksuele onsedelikheid?

Die Bybel sê vir ons dat “mense wat seksueel onsedelik is . . . God se Koninkryk nie [sal] erf nie” (1 Korintiërs 6:9, 10). Bybelskrywers wat in Grieks geskryf het, het die woord por·neiʹa gebruik om seksuele onsedelikheid te beskryf. Daardie woord sluit die volgende in: (1) seksuele omgang a tussen mense wat nie met mekaar getroud is nie, (2) homoseksualiteit en (3) seks tussen mense en diere. Dit is goed vir ons wanneer ons “van seksuele onsedelikheid [af] wegbly”, en dit maak Jehovah gelukkig. – 1 Tessalonisense 4:3.

SOEK DIEPER

Kyk hoe jy van seksuele onsedelikheid af kan wegbly en hoe dit jou sal help wanneer jy sedelik rein bly.

3. Vlug vir seksuele onsedelikheid

’n Lojale man met die naam Josef het nee gesê vir ’n vrou wat seks met hom wou hê. Lees Genesis 39:1-12, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Wat het Josef gemotiveer om te vlug? – Sien vers 9.

  • Dink jy dat Josef die regte besluit gemaak het? Hoekom?

Hoe kan jongmense Josef vandag navolg en vir seksuele onsedelikheid vlug? Speel die VIDEO.

Jehovah wil hê dat almal van ons seksuele onsedelikheid moet verwerp. Lees 1 Korintiërs 6:18, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Watter situasies kan veroorsaak dat ’n persoon seksuele onsedelikheid pleeg?

  • Hoe kan jy vir seksuele onsedelikheid vlug?

4. Jy kan versoeking weerstaan

Wat kan dit moeilik maak om die versoeking om seksueel onsedelik te wees, te weerstaan? Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

  • Wat het die broer in die video gedoen toe hy besef het dat hy dalk ontrou aan sy vrou kan wees as gevolg van die dinge wat hy dink en doen?

Selfs lojale Christene sukkel soms om hulle gedagtes skoon te hou. Hoe kan jy onsedelike gedagtes onmiddellik verwerp? Lees Filippense 4:8, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Aan watter soort dinge moet ons dink?

  • Hoe kan dit ons help om die versoeking te weerstaan om te sondig as ons die Bybel lees en onsself besig hou in Jehovah se diens?

5. Jehovah se standaarde is goed vir ons

Jehovah weet wat die beste vir ons is. Hy sê vir ons hoe om sedelik rein te bly en watter seëninge ons sal kry as ons dit doen. Lees Spreuke 7:7-27 of speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

  • Hoe het die jong man in ’n situasie beland wat tot versoeking kon lei? – Sien Spreuke 7:8, 9.

  • Volgens Spreuke 7:23, 26 kan seksuele onsedelikheid ernstige gevolge hê. Watter probleme kan ons vermy as ons sedelik rein bly?

  • Hoe kan sedelike reinheid ons help om die lewe vir ewig te geniet?

Party mense dink dat die dinge wat die Bybel oor homoseksualiteit sê, nie liefdevol is nie. Maar Jehovah, die God van liefde, wil hê dat almal die lewe vir ewig moet geniet. Om te kwalifiseer, moet ons gehoorsaam wees aan sy standaarde. Lees 1 Korintiërs 6:9-11, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Is homoseksuele begeertes volgens God die enigste verkeerde begeertes?

As ons God tevrede wil stel, moet almal van ons veranderinge maak. Is dit die moeite werd? Lees Psalm 19:8, 11, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Dink jy dat Jehovah se standaarde in die Bybel redelik is? Hoekom, of hoekom nie?

Jehovah het baie mense gehelp om gehoorsaam te wees aan sy standaarde in die Bybel. Hy kan jou ook help

PARTY MENSE SÊ: “Enige twee mense kan met mekaar seks hê, solank hulle lief is vir mekaar.”

  • Wat sal jy sê?

WAT ONS GELEER HET

Seks is ’n geskenk van Jehovah af wat deur ’n man en sy vrou geniet moet word.

Hersiening

  • Wat sluit seksuele onsedelikheid in?

  • Wat sal ons help om van seksuele onsedelikheid af weg te bly?

  • Hoe help dit ons wanneer ons gehoorsaam is aan Jehovah se standaarde in die Bybel?

Doelwit

LEER MEER

Kyk hoekom dit vir God saak maak of paartjies getroud is of nie.

“Wat sê die Bybel oor saambly sonder om te trou?” (Web-artikel)

Leer hoekom die Bybel se standaard oor homoseksualiteit nie beteken dat ons homoseksuele mense moet haat nie.

“Is homoseksualiteit verkeerd?” (Web-artikel)

Vind uit hoe God se wette oor alle seksuele dade ons beskerm.

“Is orale seks werklik seks?” (Web-artikel)

In die ondervinding “Hulle het my met waardigheid behandel”, kyk wat ’n homoseksuele persoon gemotiveer het om sy lewe te verander om God gelukkig te maak.

“Die Bybel verander lewens” (Die Wagtoring, 1 April 2011)

a Hierdie verkeerde seksuele dade sluit verskillende dinge in, soos seksuele omgang, orale seks, anale seks en om iemand anders se geslagsdele op ’n seksuele manier te streel.