Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 44

Is God tevrede met alle vieringe?

Is God tevrede met alle vieringe?

Jehovah wil hê dat ons die lewe moet geniet, en hy wil selfs hê dat ons soms sekere dinge moet vier. Maar is hy tevrede met alle vieringe en vakansiedae? Hoe kan ons ons liefde vir Jehovah wys wanneer dit by hierdie dinge kom?

1. Hoekom is Jehovah ontevrede met baie vieringe?

Dit sal jou dalk verbaas om uit te vind dat baie vieringe gebaseer is op idees wat teen Bybelleringe is of wat van valse godsdiens af kom. Sulke vieringe het dalk met spiritisme te doen of is dalk gebaseer op die idee dat die siel nie kan sterf nie. Party vieringe word gevier omdat mense bygelowig is of in die geluksgod glo (Jesaja 65:11). Jehovah waarsku sy aanbidders: “Sonder julle af . . . en hou op om te raak aan wat onrein is.” – 2 Korintiërs 6:17. a

2. Hoe voel Jehovah oor vieringe wat ongepaste eer aan mense gee?

Jehovah waarsku ons om nie “op mense [te] vertrou” nie. (Lees Jeremia 17:5.) Party vakansiedae eer heersers of soldate. Ander eer nasionale simbole of onafhanklikheid (1 Johannes 5:21). En ander vakansiedae eer politieke of maatskaplike organisasies. Hoe sal Jehovah voel as ons ongepaste eer gee aan ’n persoon of ’n organisasie, veral as daardie persoon of organisasie idees bevorder wat teen Sy wil is?

3. Watter gedrag kan vieringe onaanvaarbaar maak?

Die Bybel sê dat “dronkenskap, wilde partytjies [en] drinkpartytjies” verkeerd is (1 Petrus 4:3). Gedurende party vieringe tree mense sonder selfbeheersing op en doen hulle onsedelike dinge. As ons Jehovah se vriende wil wees, moet ons ver wegbly van sulke verkeerde dinge.

SOEK DIEPER

Vind uit hoe jy Jehovah gelukkig kan maak deur goeie besluite te neem oor vakansiedae en vieringe.

4. Bly weg van vieringe af wat Jehovah nie eer nie

Lees Efesiërs 5:10, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Waarvan moet ons seker maak wanneer ons besluit of ons ’n vakansiedag gaan vier of nie?

  • Watter vakansiedae is gewild waar jy bly?

  • Dink jy dat Jehovah tevrede is met hierdie vakansiedae?

Byvoorbeeld, het jy al ooit gewonder wat God van verjaarsdagvieringe dink? Die Bybel sê nêrens dat ’n aanbidder van Jehovah ’n verjaarsdag gevier het nie, maar dit praat van twee verjaarsdae wat gevier is deur mense wat Hom nie gedien het nie. Lees Genesis 40:20-22 en Matteus 14:6-10. Bespreek dan hierdie vrae:

  • Wat het by al twee hierdie verjaarsdagvieringe gebeur?

  • Volgens hierdie Bybelverslae, hoe dink jy voel Jehovah oor verjaarsdae?

Maar jy wonder dalk nog steeds: ‘Gee Jehovah regtig om of ek aan ’n verjaarsdag deelneem, of aan enige ander viering wat nie deur die Bybel ondersteun word nie?’ Lees Eksodus 32:1-8. Speel dan die VIDEO, en bespreek die volgende vrae.

  • Hoekom moet ons seker maak watter dinge vir Jehovah aanvaarbaar is?

  • Hoe kan ons dit doen?

Hoe ons kan weet of God ontevrede is met ’n viering

  • Is dit gebaseer op leringe wat nie in die Bybel is nie? Om uit te vind, kyk waar dit vandaan kom.

  • Gee dit ongepaste eer aan mense, organisasies of nasionale simbole? Ons eer Jehovah bo alles en almal en vertrou op hom om die wêreld se probleme op te los.

  • Is die gebruike daarvan teen Bybelstandaarde? Ons moet rein bly in alles wat ons dink, sê en doen.

5. Help ander om die dinge wat jy glo, te respekteer

Dit kan moeilik wees om nee te sê wanneer ander druk op jou plaas om deel te neem aan vieringe waarmee Jehovah nie tevrede is nie. Verduidelik jou besluite geduldig en op ’n respekvolle manier. Om ’n voorbeeld te sien van hoe om dit te doen, speel die VIDEO.

Lees Matteus 7:12, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Moet jy volgens hierdie vers vir jou familielede wat Jehovah nie dien nie, sê dat hulle nie ’n vakansiedag moet vier nie?

  • Wat kan jy doen om jou familie te verseker dat jy nog steeds vir hulle lief is en hulle waardeer, al sal jy nie sekere vieringe saam met hulle vier nie?

6. Jehovah wil hê dat ons gelukkig moet wees

Jehovah wil hê dat ons goeie tye met ons familie en vriende moet geniet. Lees Prediker 8:15, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe wys hierdie vers dat Jehovah wil hê dat ons gelukkig moet wees?

Jehovah wil hê dat sy aanbidders goeie tye saam moet geniet. Speel die VIDEO om te sien hoe dit baie duidelik by ons internasionale byeenkomste gesien kon word.

Lees Galasiërs 6:10, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Moet ons gewilde vakansiedae vier om “goed [te] doen” aan ander?

  • Wat sal jou gelukkiger maak: Wanneer jy gee omdat daar van jou verwag word om te gee net omdat dit ’n vakansiedag is of wanneer jy gee omdat jy dit wil doen?

  • Baie Getuies reël soms iets spesiaals vir hulle kinders en verras hulle selfs met geskenke. As jy kinders het, wat is party spesiale dinge wat jy vir hulle kan doen?

PARTY MENSE SÊ: “Dit maak nie saak waar ’n vakansiedag vandaan kom nie, solank ’n mens net ’n goeie tyd saam met familie en vriende geniet.”

  • Wat sal jy sê?

WAT ONS GELEER HET

Jehovah wil hê dat ons tyd saam met familie en vriende moet geniet. Maar hy wil ook hê dat ons moet wegbly van vieringe waarmee hy nie tevrede is nie.

Hersiening

  • Watter vrae kan ons vra om te sien of Jehovah tevrede is met ’n viering of nie?

  • Hoe kan ons ons familie en vriende help om ons besluite oor vakansiedae te verstaan?

  • Hoe weet jy dat Jehovah wil hê dat ons gelukkig moet wees en onsself moet geniet?

Doelwit

LEER MEER

Kyk na spesifieke vakansiedae wat Christene nie vier nie.

“Hoekom vier Jehovah se Getuies nie sekere vakansiedae nie?” (Web-artikel)

Kyk na vier redes hoekom ons glo dat God nie tevrede is met verjaarsdagvieringe nie.

“Waarom vier Jehovah se Getuies nie verjaarsdae nie?” (Web-artikel)

Vind uit hoe jong kinders wat Jehovah liefhet, hom gelukkig kan maak gedurende die Kersseisoen.

Jehovah is lief vir jou (11:35)

Miljoene Christene het gekies om nie Kersfees te vier nie. Hoe voel hulle oor hulle besluit?

“Hulle het iets beters gevind” (Die Wagtoring, 1 Desember 2012)

a Sien Eindnota 5 om te leer wat om in sekere situasies te doen wanneer ander mense ’n vakansiedag vier.