Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 51

Hoe kan jy Jehovah gelukkig maak deur die manier waarop jy met ander praat?

Hoe kan jy Jehovah gelukkig maak deur die manier waarop jy met ander praat?

Toe Jehovah ons gemaak het, het hy ons ’n wonderlike geskenk gegee – die vermoë om te praat. Gee hy om oor die manier waarop ons daardie geskenk gebruik? Ja, beslis! (Lees Jakobus 1:26.) So hoe kan ons ons vermoë om te praat op ’n manier gebruik wat Jehovah gelukkig sal maak?

1. Hoe kan ons Jehovah se geskenk op ’n goeie manier gebruik?

Die Bybel sê vir ons om “aan [te hou] om mekaar aan te moedig en mekaar op te bou” (1 Tessalonisense 5:11). Kan jy aan party mense dink wat aanmoediging nodig het? Wat kan jy doen om hulle beter te laat voel? Verseker hulle dat jy vir hulle omgee. Dalk kan jy vir hulle sê wat jy oor hulle waardeer. Kan jy aan ’n vers dink wat iemand wat jy ken, sal aanmoedig? Daar is baie om van te kies. Jy moet ook onthou dat die manier waarop jy iets sê, ander net soveel kan aanmoedig soos die woorde wat jy gebruik. So probeer om altyd op ’n liefdevolle en vriendelike manier te praat. – Spreuke 15:1.

2. Watter soort spraak moet ons nie gebruik nie?

Die Bybel sê: “Laat ’n slegte woord nie uit julle mond kom nie.” (Lees Efesiërs 4:29.) Dit beteken dat ons nie vuil taal gebruik of lelike en onbeskofte dinge sê om iemand se gevoelens seer te maak nie. Ons moet ook nie skinder en teen ander laster nie. – Lees Spreuke 16:28.

3. Wat sal ons help om op ’n opbouende manier te praat?

Gewoonlik wys die dinge waaroor ons praat, wat regtig in ons hart is of waaroor ons dink (Lukas 6:45). So ons moet onsself oplei om te fokus op positiewe dinge – dinge wat regverdig, rein, lieflik en prysenswaardig is (Filippense 4:8). As ons op hierdie dinge wil fokus, moet ons ons vermaak en vriende goed kies (Spreuke 13:20). Dit help ook om mooi te dink voordat ons praat. Dink aan hoe jou woorde ander sal affekteer. Die Bybel sê: “As ’n mens praat sonder om te dink, sal jou woorde soos swaardsteke wees, maar die tong van die wyses is genesend.” – Spreuke 12:18.

SOEK DIEPER

Leer hoe om op ’n manier te praat wat Jehovah gelukkig maak en wat ander aanmoedig.

4. Beheer jou spraak

Soms sê ons almal dinge waaroor ons later spyt is (Jakobus 3:2). Lees Galasiërs 5:22, 23, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Vir watter van hierdie eienskappe kan jy bid om jou te help om jou spraak te beheer? Hoe kan hierdie eienskappe jou help?

Lees 1 Korintiërs 15:33, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe kan jou vriende en vermaak die manier waarop jy praat, affekteer?

Lees Prediker 3:1, 7, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wanneer sal dit dalk goed wees om stil te bly of om te wag vir ’n beter tyd om iets te sê?

5. Sê positiewe dinge van ander

Hoe kan ons keer dat ons ander beledig of lelike dinge sê? Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

  • Hoekom wou die broer in die video die manier verander waarop hy oor ander gepraat het?

  • Wat het hy gedoen om te verander?

Lees Prediker 7:16, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wat moet ons onthou wanneer ons negatiewe dinge oor iemand wil sê?

Lees Prediker 7:21, 22, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe kan hierdie verse jou help om nie kwaad te word wanneer iemand iets negatiefs oor jou sê nie?

6. Wees liefdevol wanneer jy met jou familie praat

Jehovah wil hê dat ons op ’n liefdevolle en vriendelike manier met ons familie moet praat. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

  • Wat sal jou help om op ’n liefdevolle manier met jou familie te praat?

Lees Efesiërs 4:31, 32, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe kan ons met ons familie praat op ’n manier wat hulle sal opbou?

Jehovah het gesê hoe hy oor sy Seun, Jesus, gevoel het. Lees Matteus 17:5, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe kan jy Jehovah navolg in die manier waarop jy met jou familie praat?

Soek na geleenthede om ander aan te moedig

PARTY MENSE SÊ: “Ek sê wat ek dink. Dis nie my probleem as ander nie hou van wat ek sê nie.”

  • Stem jy saam? Hoekom, of hoekom nie?

WAT ONS GELEER HET

Woorde het krag. Ons moet mooi dink oor wat ons sê, wanneer ons dit sê en hoe ons dit sê.

Hersiening

  • Wat is ’n paar maniere waarop jy die manier hoe jy praat, kan gebruik om ander te help?

  • Watter soort spraak wil jy nie gebruik nie?

  • Wat kan ons help om altyd liefdevol en opbouend te wees wanneer ons met ander praat?

Doelwit

LEER MEER

Wat kan ons help om op ’n aanmoedigende manier met ander te praat?

Ontwikkel die tong van die wyses (8:04)

Leer wat jou kan help om nie vuil taal te gebruik nie.

“Is dit regtig so sleg om te vloek?” (Web-artikel)

Kyk wat jy kan doen om nie van ander te skinder nie.

Stop die skinderstories! (2:36)