Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 53

Kies vermaak wat Jehovah gelukkig maak

Kies vermaak wat Jehovah gelukkig maak

Jehovah is “die gelukkige God” (1 Timoteus 1:11). Hy wil hê dat ons gelukkig moet wees en ons lewe moet geniet. Hy is bly wanneer ons tyd maak om te ontspan. In hierdie les sal ons sien hoe ons ons tyd om te ontspan op maniere kan gebruik wat ons geniet – en wat ook Jehovah gelukkig maak.

1. Wat moet ons onthou wanneer ons vermaak kies?

Wat geniet jy om te doen wanneer jy ontspan? Party hou daarvan om rustig by die huis te wees en ’n boek te lees, na musiek te luister, ’n fliek te kyk of om na dinge op die Internet te kyk. Ander hou daarvan om meer aktief te wees saam met vriende, soos om te gaan stap, om te gaan swem of om ’n speletjie te speel. Waarvan ons ook al hou, ons moet seker maak dat ons vermaak “vir die Here aanvaarbaar is” (Efesiërs 5:10). Dit is belangrik dat ons dit moet verstaan, want baie van die gewilde soort vermaak het dinge in wat Jehovah haat, soos geweld, seksuele onsedelikheid of spiritisme. (Lees Psalm 11:5.) Wat sal ons help om goeie besluite te maak wanneer ons vermaak kies?

As ons vriende kies wat lief is vir Jehovah, kan hulle ’n goeie invloed op ons hê, en op die vermaak wat ons kies. Soos ons in ’n vorige les geleer het, “[sal] die een wat met wyse persone assosieer . . . wys word”. Maar as ons gereeld assosieer met mense wat nie lief is vir God se standaarde nie, “sal [dit] sleg gaan met” ons. – Spreuke 13:20.

2. Hoekom is dit belangrik om die hoeveelheid tyd wat ons vir vermaak gebruik, te beheer?

Selfs as die vermaak wat ons kies, nie sleg is nie, moet ons nog steeds versigtig wees om nie te veel tyd daaraan te spandeer nie. Anders sal ons dalk nie genoeg tyd hê vir belangriker dinge nie. Die Bybel moedig ons aan om “die beste gebruik van [ons] tyd” te maak. – Lees Efesiërs 5:15, 16.

SOEK DIEPER

Leer hoe om goeie besluite te neem oor jou vermaak.

3. Vermy slegte vermaak

Hoekom moet ons ons vermaak versigtig kies? Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

  • Hoe was die spele in eertydse Rome net soos party van die vermaak wat ons vandag kry?

  • Wat het Danny oor vermaak geleer?

Lees Romeine 12:9, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe moet hierdie vers jou help om die regte soort vermaak te kies?

Wat is party dinge wat Jehovah haat? Lees Spreuke 6:16, 17 en Galasiërs 5:19-21. Nadat elke vers gelees is, bespreek hierdie vraag:

  • Watter van die dinge wat in hierdie verse genoem word, sien ons oor die algemeen in die vermaak wat ons vandag kry?

 Hoe om jou vermaak goed te kies

Vra jouself:

  • Wat? Sluit dit enige iets in wat Jehovah haat?

  • Wanneer? Meng dit in met belangriker dinge?

  • Wie? Sal ek gereeld in kontak wees met mense wat nie lief is vir Jehovah nie?

Dit is veiliger om so ver as moontlik weg te bly van gevaar. Dit is hoekom ons moet wegbly van enige vermaak wat ons dink dalk nie goed vir ons sal wees nie

4. Gebruik jou tyd goed

  • Al het die broer in die video nie enige iets slegs gekyk nie, hoe het die manier waarop hy sy vrye tyd gebruik het, hom geaffekteer?

Lees Filippense 1:10, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe kan hierdie vers ons help om te besluit hoeveel tyd ons vir ontspanning moet gebruik?

5. Kies goeie vermaak

Al is daar sekere soorte vermaak wat Jehovah nie aanvaar nie, is daar baie dinge wat ons geniet, wat hy wel aanvaar. Lees Prediker 8:15 en Filippense 4:8, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Van watter goeie vermaak hou jy?

Jy kan goeie vermaak en ontspanning geniet

PARTY MENSE SÊ: “Daar’s niks fout met vermaak wat geweld, onsedelikheid of spiritisme in het nie, solank ek net nie daardie dinge doen nie.”

  • Wat sal jy sê?

WAT ONS GELEER HET

Jehovah wil hê dat ons goeie vermaak moet kies en geniet.

Hersiening

  • Watter vermaak moet Christene vermy?

  • Hoekom moet ons versigtig wees oor hoeveel tyd ons vir vermaak gebruik?

  • Hoekom wil jy vermaak kies wat Jehovah gelukkig maak?

Doelwit

LEER MEER

Kyk hoe jy goeie besluite oor ontspanning kan maak.

“Is jou ontspanning voordelig?” (Die Wagtoring, 15 Oktober 2011)

In die lewensverhaal ‘Ek het selfs my vooroordeel te bowe gekom’, vind uit hoekom ’n man sy vermaak verander het.

“Die Bybel verander lewens” (Die Wagtoring, 1 Februarie 2010)

Kyk hoe ’n ma ’n goeie besluit geneem het oor vermaak wat stories oor die geestewêreld bevat.

Vermy vermaak wat spiritisme bevat (2:02)