Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 54

Die rol van “die getroue en verstandige slaaf”

Die rol van “die getroue en verstandige slaaf”

Jesus is die Hoof van die Christengemeente (Efesiërs 5:23). Vanuit sy posisie in die hemel lei Jesus vandag sy volgelinge op die aarde deur middel van ’n “getroue en verstandige slaaf”. (Lees Matteus 24:45.) Jesus het die “slaaf” self aangestel en die slaaf ’n sekere mate van gesag gegee, maar die slaaf moet nog steeds gehoorsaam wees aan Christus en moet Christus se broers dien. Wie is daardie slaaf? Hoe sorg die slaaf vir ons?

1. Wie is “die getroue en verstandige slaaf”?

Jehovah het nog altyd ’n man of ’n klein groepie mans gebruik om riglyne aan sy aanbidders te gee (Maleagi 2:7; Hebreërs 1:1). Ná Jesus se dood het die apostels en ouermanne in Jerusalem die leiding geneem (Handelinge 15:2). Dieselfde patroon word nog steeds gevolg. Vandag gee ’n klein groepie ouermanne – die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies – geestelike kos en riglyne oor hoe die predikingswerk gedoen moet word. Hierdie groep is “die getroue en verstandige slaaf wat deur [Jesus] aangestel is” (Matteus 24:45a). Alle lede van die Bestuursliggaam is Christene wat met die heilige gees gesalf is, en hulle sien daarna uit om saam met Christus in sy hemelse Koninkryk te regeer wanneer hulle lewe op die aarde verby is.

2. Watter geestelike kos gee die getroue slaaf vir ons?

Jesus het gesê dat die getroue slaaf “[mede Christene] hulle voedsel op die regte tyd [sou] gee” (Matteus 24:45b). Net soos die kos wat ons eet ons help om fisies sterk en gesond te bly, gee geestelike kos – onderrigting uit God se Woord – ons die krag wat ons nodig het om lojaal aan Jehovah te bly en die werk te doen wat Jesus ons gegee het om te doen (1 Timoteus 4:6). Ons kry daardie geestelike kos deur middel van vergaderinge en byeenkomste en ook deur middel van Bybellektuur en -video’s. Al hierdie dinge help ons om God se wil te verstaan en ons vriendskap met hom sterker te maak.

SOEK DIEPER

Kyk hoekom ons “die getroue en verstandige slaaf” – die Bestuursliggaam – nodig het.

Die Bestuursliggaam gee geestelike kos, riglyne en praktiese hulp aan Jehovah se Getuies regoor die wêreld

3. Jehovah se aanbidders moet georganiseerd wees

Jesus lei die Bestuursliggaam om die werk van Jehovah se Getuies te organiseer. Hy het die vroeë Christene op dieselfde soort manier gelei. Speel die VIDEO

Lees 1 Korintiërs 14:33, 40, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe wys hierdie verse dat Jehovah wil hê dat sy Getuies georganiseerd moet wees?

4. Die getroue slaaf organiseer ons predikingswerk

Die predikingswerk was die belangrikste werk wat die vroeë Christene gedoen het. Lees Handelinge 8:14, 25, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Wie het in die tyd van die vroeë Christene instruksies gegee oor hoe om die predikingswerk te doen?

  • Hoe het Petrus en Johannes gereageer op die riglyne van die ander apostels?

Die predikingswerk is die belangrikste werk wat deur die Bestuursliggaam georganiseer word. Speel die VIDEO

Jesus het beklemtoon hoe belangrik dit is om te preek. Lees Markus 13:10, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Hoekom is die predikingswerk so belangrik vir die Bestuursliggaam?

  • Hoekom het ons “die getroue en verstandige slaaf” nodig om hierdie wêreldwye werk te organiseer?

5. Die getroue slaaf gee riglyne

Die Bestuursliggaam gee riglyne aan Christene regoor die wêreld. Hoe besluit hulle watter riglyne om te gee? Kyk hoe die bestuursliggaam van die vroeë Christene dit gedoen het. Lees Handelinge 15:1, 2, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Waaroor het party vroeë Christene nie saamgestem nie?

  • Vir wie het Paulus, Barnabas en ander raad gevra om die probleem op te los?

Lees Handelinge 15:12-18, 23-29, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wat het die vroeë bestuursliggaam gedoen om God se leiding oor die saak te kry voordat hulle ’n besluit gemaak het? – Sien vers 12, 15 en 28.

Lees Handelinge 15:30, 31 en 16:4, 5, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Hoe het die vroeë Christene gereageer op die riglyne wat die bestuursliggaam gegee het?

  • Hoe het Jehovah hulle gehoorsaamheid geseën?

Lees 2 Timoteus 3:16 en Jakobus 1:5, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Waar soek die Bestuursliggaam leiding wanneer hulle vandag besluite maak?

PARTY MENSE SÊ: “As jy na die Bestuursliggaam luister, volg jy net mense.”

  • Wat oortuig jou dat Jesus die Bestuursliggaam lei?

WAT ONS GELEER HET

Die Bestuursliggaam is “die getroue en verstandige slaaf” wat deur Christus aangestel is. Hulle gee riglyne en geestelike kos aan Christene regoor die wêreld.

Hersiening

  • Wie het “die getroue en verstandige slaaf” aangestel?

  • Hoe sorg die Bestuursliggaam vir ons?

  • Glo jy dat die Bestuursliggaam “die getroue en verstandige slaaf” is?

Doelwit

LEER MEER

Kyk hoe die Bestuursliggaam georganiseer is om hulle werk te doen.

“Wat is die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies?” (Web-artikel)

Vind uit hoe die Bestuursliggaam seker maak dat ons betroubare geestelike kos kry.

Akkurate publikasies (17:18)

Hoe voel die lede van die Bestuursliggaam oor die werk wat Jesus hulle gegee het om te doen?

’n Kosbare voorreg (7:04)

Hoe bewys ons vergaderinge en byeenkomste dat Jehovah die Bestuursliggaam lei?

Jehovah leer sy volk (9:39)