Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 59

Jy kan lojaal bly wanneer jy vervolg word

Jy kan lojaal bly wanneer jy vervolg word

Alle Christene sal die een of ander tyd teëgestaan of selfs vervolg word. Moet dit ons bang maak?

1. Hoekom verwag ons vervolging?

Die Bybel sê duidelik: “Almal wat met toegewydheid aan God as ’n volgeling van Christus Jesus wil lewe, sal ook vervolg word” (2 Timoteus 3:12). Jesus was vervolg omdat hy geen deel van Satan se wêreld was nie. Ons is ook geen deel van die wêreld nie, so dit verbaas ons nie wanneer ons vervolg word deur hierdie wêreld se regerings en godsdiensorganisasies nie. – Johannes 15:18, 19.

2. Hoe kan ons voorberei vir vervolging?

Ons moet nou ons vertroue in Jehovah sterker maak. Maak elke dag tyd om tot hom te bid en ’n deel van sy Woord te lees. Woon vergaderinge gereeld by. Al hierdie dinge sal jou die krag gee wat jy nodig het om enige vervolging moedig te hanteer, selfs as dit van familielede af kom. Die apostel Paulus, wat baie keer vervolg was, het geskryf: “Jehovah is my helper. Ek sal nie bang wees nie.” – Hebreërs 13:6.

Ons kan ook ons moed opbou deur gereeld te preek. Wanneer ons preek, leer ons om op Jehovah te vertrou en om nie vir mense bang te wees nie (Spreuke 29:25). As jy nou die moed opbou om te preek, sal jy goed voorbereid wees om aan te hou preek, selfs as die regering ons probeer keer om te preek. – 1 Tessalonisense 2:2.

3. Hoe help dit ons as ons lojaal bly wanneer ons vervolg word?

Ons geniet dit natuurlik nie om vervolg te word nie, maar as ons lojaal bly wanneer ons vervolg word, word ons geloof sterker. Ons kom nader aan Jehovah omdat ons sien hoe hy ons help wanneer ons voel dat ons nie meer kan aangaan nie. (Lees Jakobus 1:2-4.) Dit maak Jehovah seer wanneer hy sien dat ons swaarkry, maar dit maak hom gelukkig wanneer hy sien dat ons lojaal bly. Die Bybel sê: “As julle ly omdat julle goeie dinge gedoen het en dit dan verduur, maak dit God se hart bly” (1 Petrus 2:20). As ons lojaal bly, sal Jehovah ons seën met die ewige lewe in ’n wêreld waar niemand ware aanbidding sal teëstaan nie. – Matteus 24:13.

SOEK DIEPER

Leer hoekom dit moontlik is om lojaal aan Jehovah te bly, al vervolg mense ons, en kyk hoe hy ons sal seën.

4. Jy kan lojaal bly wanneer jou familie jou teëstaan

Jesus het erken dat ons familie dalk nie ons besluit om Jehovah te aanbid, sal ondersteun nie. Lees Matteus 10:34-36, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wat kan familielede sê of doen wanneer iemand besluit om Jehovah te dien?

Om ’n voorbeeld hiervan te sien, speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

  • Wat sal jy doen as ’n familielid of ’n vriend jou probeer keer om Jehovah te dien?

Lees Psalm 27:10 en Markus 10:29, 30. Nadat elke vers gelees is, bespreek hierdie vraag:

  • Hoe kan hierdie belofte jou help as jou familie of vriende jou teëstaan?

5. Hou aan om Jehovah te dien, al word jy vervolg

Ons het moed nodig om aan te hou om Jehovah te dien wanneer ander ons probeer keer om dit te doen. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

  • Hoe versterk die voorbeelde in hierdie video jou?

Lees Handelinge 5:27-29 en Hebreërs 10:24, 25. Nadat elke vers gelees is, bespreek hierdie vraag:

  • Hoekom is dit so belangrik om aan te hou om Jehovah te dien, selfs al sê die regering dat ons nie mag preek of vergaderinge mag hou nie?

6. Jehovah sal jou help om lojaal te bly

Jehovah se Getuies van verskillende ouderdomme en agtergronde het lojaal aangehou om Jehovah te dien, selfs wanneer hulle vervolg was. Om te sien wat hulle gehelp het, speel die VIDEO. Bespreek dan die volgende vraag.

  • Wat het die Getuies in die video gehelp om lojaal te bly?

Lees Romeine 8:35, 37-39 en Filippense 4:13. Nadat elke vers gelees is, bespreek hierdie vraag:

  • Hoe verseker hierdie vers jou dat jy lojaal kan wees, maak nie saak deur watter moeilike tye jy gaan nie?

Lees Matteus 5:10-12, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoekom kan jy gelukkig wees, al word jy vervolg?

Miljoene van Jehovah se aanbidders het lojaal gebly, al was hulle teëgestaan. Jy kan dit ook doen!

PARTY MENSE SÊ: “Ek sal nie lojaal kan bly as ek vervolg word nie.”

  • Watter verse kan hulle die vertroue gee wat hulle nodig het?

WAT ONS GELEER HET

Jehovah waardeer alles wat ons doen om hom te dien, selfs wanneer ons vervolg word. Met sy hulp, kan ons lojaal bly!

Hersiening

  • Hoekom moet Christene vervolging verwag?

  • Wat kan jy nou doen om gereed te wees wanneer jy vervolg word?

  • Wat kan jou help om die vertroue te hê dat jy Jehovah kan dien, maak nie saak deur watter moeilike tye jy gaan nie?

Doelwit

LEER MEER

Kyk hoe ’n jong broer verduidelik hoe Jehovah hom gehelp het om lojaal te bly toe hy in die tronk was as gevolg van sy neutraliteit.

Volhard ten spyte van vervolging (2:34)

Kyk wat een paartjie gehelp het om Jehovah vir baie jare lojaal te dien, al was hulle teëgestaan.

Ons dien Jehovah, al was daar baie veranderinge (7:11)

Leer hoe om moedig te wees wanneer jy vervolg word.

“Berei nou voor vir vervolging” (Die Wagtoring, Julie 2019)

Hoe moet ons oor familieteenstand voel, en hoe kan ons die uitdagings suksesvol hanteer?

“Die waarheid bring nie vrede nie, maar ’n swaard” (Die Wagtoring, Oktober 2017)