Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 60

Hou aan om vordering te maak

Hou aan om vordering te maak

Regdeur hierdie boek het jy baie oor Jehovah geleer. Die dinge wat jy geleer het, het jou so lief vir hom laat word dat jy heel moontlik jouself aan hom toegewy het en jou laat doop het. As jy dit nog nie gedoen het nie, dink jy dalk daaraan om dit binnekort te doen. Maar jou vordering hou nie op wanneer jy gedoop word nie. Jy kan vir ewig aanhou om nader aan Jehovah te kom. Hoe?

1. Hoekom moet jy aanhou om jou vriendskap met Jehovah sterker te maak?

Ons moet hard werk om aan te hou om ons vriendskap met Jehovah sterker te maak. Hoekom? “Sodat ons nooit wegdryf” van hom af nie (Hebreërs 2:1). Wat kan ons help om aan te hou om Jehovah lojaal te dien? Ons kan besig bly in die predikingswerk en na ander maniere soek om meer in God se diens te doen. (Lees Filippense 3:16.) Om Jehovah te dien, is die beste lewe wat ons kan hê! – Psalm 84:10.

2. Wat moet jy nog aanhou doen?

Al is jy nou klaar met hierdie boek, sal jou lewe as ’n Christen nog steeds aanhou. Die Bybel sê dat ons “die nuwe persoonlikheid [moet] aantrek” (Efesiërs 4:23, 24). Terwyl jy aanhou om God se Woord te studeer en vergaderinge by te woon, sal jy nuwe dinge oor Jehovah en sy eienskappe leer. Soek na maniere om sy persoonlikheid selfs beter in jou lewe na te volg. Hou aan om enige veranderinge te maak wat nodig is om Jehovah gelukkig te maak.

3. Hoe sal Jehovah jou help om vordering te maak?

Die Bybel sê: “God [sal] self julle opleiding voltooi. Hy sal julle standvastig maak, hy sal julle sterk maak, hy sal julle ’n stewige fondament gee” (1 Petrus 5:10). Almal van ons kom in die versoeking om verkeerde dinge te doen. Maar Jehovah gee ons wat ons nodig het om versoekings te weerstaan (Psalm 139:23, 24). Hy belowe om jou die begeerte en die krag te gee om hom lojaal te dien. – Lees Filippense 2:13.

SOEK DIEPER

Kyk hoe jy kan aanhou om vordering te maak en hoe Jehovah jou sal seën.

4. Hou aan om met jou beste Vriend te kommunikeer

Gebed en Bybelstudie het jou gehelp om Jehovah se vriend te word. Hoe kan hierdie dinge jou help om selfs nader aan hom te kom?

Lees Psalm 62:8, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe kan jy die kwaliteit van jou gebede verbeter sodat jy jou vriendskap met Jehovah sterker kan maak?

Lees Psalm 1:2, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe kan jy jou Bybellees verbeter sodat jy jou vriendskap met Jehovah sterker kan maak?

Wat kan jy doen om meer uit jou persoonlike studie te kry? Om ’n paar idees te kry, speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

  • Watter van die wenke in die video kan jy toepas?

  • Watter onderwerpe sal jy graag wil studeer?

5. Stel geestelike doelwitte

As jy doelwitte in Jehovah se diens het, sal dit jou help om aan te hou om vordering te maak. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

  • Hoe het die feit dat Cameron geestelike doelwitte gestel het, haar gehelp?

Nie almal kan na ’n ander land trek om daar te gaan preek nie. Maar ons almal kan doelwitte stel wat ons kan bereik. Lees Spreuke 21:5, en dink dan aan watter doelwitte jy graag wil stel . . . 

  • in die gemeente.

  • in die veldbediening.

Hoe kan die beginsel in die vers jou help om jou doelwitte te bereik?

Doelwitte wat jy kan stel

  • Verbeter die kwaliteit van jou gebede.

  • Lees die hele Bybel.

  • Leer ken almal in jou gemeente.

  • Begin en hou ’n Bybelstudie.

  • Dien as ’n hulppionier of ’n gewone pionier.

  • As jy ’n broer is, reik uit om ’n bedieningskneg te word.

6. Geniet die lewe vir ewig!

Lees Psalm 22:26, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wat kan jy doen om die lewe nou en vir ewig te geniet?

WAT ONS GELEER HET

Hou aan om jou vriendskap met Jehovah sterker te maak en om geestelike doelwitte te stel. Dan kan jy die lewe vir ewig geniet!

Hersiening

  • Hoekom kan jy daarvan seker wees dat Jehovah jou sal help om hom lojaal te dien?

  • Hoe kan jy jou vriendskap met Jehovah sterker maak?

  • Hoe kan geestelike doelwitte jou help om vordering te maak?

Langtermyndoelwit

LEER MEER

Wat waardeer Jehovah meer, as ons een keer iets dramaties doen om te bewys dat ons aan hom toegewyd is of as ons hom lewenslank lojaal dien?

Wees getrou soos Abraham (9:20)

Selfs ’n lojale aanbidder van Jehovah kan sy vreugde verloor. Kyk hoe om dit terug te kry.

Kry jou vreugde terug deur studie en bepeinsing (5:25)

Hoe kan jy geestelike doelwitte stel en dit bereik?

“Gebruik geestelike doelwitte om jou Skepper te verheerlik” (Die Wagtoring, 15 Julie 2004)

Hoekom is dit belangrik om ’n volwasse Christen te word, en hoe kan jy een word?

“Beur voort tot volwassenheid—‘Die groot dag van Jehovah is naby’” (Die Wagtoring, 15 Mei 2009)