Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Deel 2: Hersiening

Deel 2: Hersiening

Bespreek die volgende vrae met jou studiehouer:

  1. Wat sal God omtrent valse godsdiens doen?

    (Sien Les 13.)

  2. Lees Eksodus 20:4-6.

    • Hoe voel Jehovah daaroor wanneer mense sê dat hulle hom aanbid deur beelde te gebruik?

      (Sien Les 14.)

  3. Wie is Jesus?

    (Sien Les 15.)

  4. Van watter eienskappe van Jesus hou jy?

    (Sien Les 17.)

  5. Lees Johannes 13:34, 35 en Handelinge 5:42.

    • Wie is vandag regte Christene? Wat wys vir jou dat hulle regte Christene is?

      (Sien Les 18 en 19.)

  6. Wie is die leier van die gemeente, en hoe lei hy die gemeente?

    (Sien Les 20.)

  7. Lees Matteus 24:14.

    • Hoe word hierdie profesie vandag waar?

    • Vir wie het jy al van die goeie nuus vertel?

      (Sien Les 21 en 22.)

  8. Dink jy dat doop ’n goeie doelwit is om te hê? Hoekom?

    (Sien Les 23.)

  9. Hoe kan jy jouself teen Satan en die demone beskerm?

    (Sien Les 24.)

  10. Wat het God vir ons in gedagte?

    (Sien Les 25.)

  11. Hoekom kry mense swaar en gaan hulle dood?

    (Sien Les 26.)

  12. Lees Johannes 3:16.

    • Wat het Jehovah gedoen om ons van sonde en die dood te red?

      (Sien Les 27.)

  13. Lees Prediker 9:5.

    • Wat gebeur wanneer ons sterf?

    • Wat sal Jesus vir die miljarde mense doen wat gesterf het?

      (Sien Les 29 en 30.)

  14. Hoe is God se Koninkryk beter as enige ander regering?

    (Sien Les 31 en 33.)

  15. Glo jy dat God se Koninkryk nou regeer? Hoekom? Wanneer het dit begin regeer?

    (Sien Les 32.)