Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Deel 4: Hersiening

Deel 4: Hersiening

Bespreek die volgende vrae met jou studiehouer:

  1. Lees Spreuke 13:20.

    • Hoekom is dit belangrik om jou vriende wyslik te kies?

      (Sien Les 48.)

  2. Watter raad uit die Bybel kan jou help as jy . . . 

    • ’n man of ’n vrou is?

    • ’n ouer of ’n kind is?

      (Sien Les 49 en 50.)

  3. Watter soort spraak maak Jehovah gelukkig? Watter soort spraak maak hom ongelukkig?

    (Sien Les 51.)

  4. Watter Bybelbeginsels sal jou help om goeie besluite te maak wanneer dit kom by jou kleredrag en voorkoms?

    (Sien Les 52.)

  5. Hoe kan jy vermaak kies wat Jehovah gelukkig maak?

    (Sien Les 53.)

  6. Lees Matteus 24:45-47.

    • Wie is “die getroue en verstandige slaaf”?

      (Sien Les 54.)

  7. Hoe kan jy die gemeente ondersteun met jou tyd, energie, geld en besittings?

    (Sien Les 55.)

  8. Lees Psalm 133:1.

    • Wat is party maniere hoe jy kan bydra tot die eenheid van die gemeente?

      (Sien Les 56.)

  9. Hoe kan ons Jehovah se hulp kry as ons ’n ernstige sonde pleeg?

    (Sien Les 57.)

  10. Lees 1 Kronieke 28:9 en voetnoot.

    • Hoe kan jy wys dat jy “ten volle toegewyd” is aan Jehovah wanneer ander ware aanbidding teëstaan of die waarheid verlaat?

    • Is daar enige veranderinge wat jy moet maak as jy lojaal aan Jehovah wil bly en van valse godsdiens af wil wegbly?

      (Sien Les 58.)

  11. Hoe kan jy vir vervolging voorberei?

    (Sien Les 59.)

  12. Wat beplan jy om te doen sodat jy kan aanhou om geestelik te vorder?

    (Sien Les 60.)