Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Is ek gereed?

Is ek gereed?

Is ek gereed om saam met die gemeente te preek?

Jy is dalk gereed om ’n ongedoopte verkondiger te word as jy . . . 

  • Gereeld die Bybel studeer, bid en vergaderinge bywoon.

  • Waardeer en glo wat jy leer en ander daarvan wil vertel.

  • Lief is vir Jehovah en vriende kies wat lief is vir hom.

  • Nie behoort aan enige politieke of valse godsdiensorganisasies nie.

  • Volgens Jehovah se standaarde lewe en een van Jehovah se Getuies wil wees.

As jy voel dat jy gereed is om saam met die gemeente te preek, kan jou Bybelstudiehouer reël dat die ouermanne met jou bespreek hoe jy kan kwalifiseer.

Is ek gereed om gedoop te word?

Jy is dalk gereed om gedoop te word as jy . . . 

  • ’n Ongedoopte verkondiger is.

  • Gereeld en soveel as wat jy kan velddiens doen.

  • “Die getroue en verstandige slaaf” ondersteun en hulle riglyne volg. – Matteus 24:​45-⁠47.

  • Jouself in gebed aan Jehovah toegewy het en hom vir ewig wil dien.

As jy voel dat jy gereed is om gedoop te word, kan jou Bybelstudiehouer reël dat die ouermanne met jou bespreek hoe jy kan kwalifiseer.