Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Inleiding

Inleiding

Bybeltekste vir ons Christelike lewenswyse sal dit vir jou maklik maak om Bybeltekste en -verslae te kry wat jou kan help om die uitdagings in jou lewe te hanteer. Dit sal jou ook help om net die regte Bybeltekste te kry om ander aan te moedig en om hulle te help om besluite te maak wat Jehovah eer. Kies die onderwerp waarin jy belangstel. Elke onderwerp bevat nuttige vrae en kort beskrywings van Bybelverslae. (Sien die venster “ Hoe om hierdie publikasie te gebruik”.) Jy sal gou tekste kry wat jou die raad en vertroosting sal gee wat jy nodig het. En jy sal ook nuttige Bybelbeginsels kry wat jy kan gebruik om ander te help en aan te moedig.

Hierdie publikasie bevat nie al die tekste oor ’n spesifieke onderwerp nie. Maar dit is ’n goeie plek om te begin in jou navorsing (Spr 2:​1-6). As jy nog navorsing wil doen, gebruik die kruisverwysings en selfs die studienotas in die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel, as dit beskikbaar is in ’n taal wat jy verstaan. Om meer uit te vind oor ’n spesifieke teks, soek dit onder “Verduidelikings van Bybeltekste” in die Navorsingsgids vir Jehovah se Getuies. Kyk na die jongste verwysings wat onlangs gepubliseer is om seker te maak dat jy die nuutste begrip van Bybelwaarhede het.

Mag Bybeltekste vir ons Christelike lewenswyse jou help om die wysheid, kennis en begrip te kry wat in die Bybel is. Terwyl jy hierdie publikasie gebruik, sal dit jou al hoe meer oortuig dat “die woord van God . . . lewend en kragtig [is]”. – Heb 4:12.