Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Raad

Raad

Wanneer ons raad kry

Hoekom moet ons Bybelse raad soek?

Hoekom is dit beter om na raad te luister eerder as om verskonings te maak vir ons optrede?

Spr 12:15; 29:1

Sien ook Spr 1:​23-31; 15:31

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Sa 15:​3, 9-23 – Toe die profeet Samuel Saul dissiplineer, regverdig die koning sy optrede en verwerp hy die raad. As gevolg hiervan word hy deur Jehovah verwerp

    • 2Kr 25:​14-16, 27 – Koning Amasia sondig en verwerp dan die raad van Jehovah se profeet, en as gevolg hiervan verloor hy Jehovah se guns en beskerming

Hoekom moet ons opsieners wat raad gee, respekteer?

1Te 5:12; 1Ti 5:17; Heb 13:​7, 17

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 3Jo 9, 10 – Die bejaarde apostel Johannes veroordeel Diotrefes vir die disrespekvolle manier waarop hy dié behandel wat die leiding in die Christengemeente neem

Hoekom moet ons na ouer persone luister?

Le 19:32; Spr 16:31

Sien ook Job 12:12; 32:7; Tit 2:​3-5

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Sa 23:​16-18 – Koning Dawid luister na die raad van Jonatan, wat omtrent 30 jaar ouer is as hy, en word daardeur versterk

    • 1Kn 12:​1-17 – Koning Rehabeam verwerp die goeie raad van ouer mans en luister eerder na die slegte raad van jonger mans, wat tot groot moeilikheid lei

Wat wys dat getroue vrouens en jonger knegte van Jehovah goeie raad kan gee?

Job 32:​6, 9, 10; Spr 31:​1, 10, 26; Pr 4:13

Sien ook Ps 119:100

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Sa 25:​14-35 – Abigail gee vir koning Dawid raad wat keer dat hy baie onskuldige mense doodmaak

    • 2Sa 20:​15-22 – ’n Wyse vrou se raad in die stad Abel red die hele stad

    • 2Kn 5:​1-14 – ’n Klein Israelitiese meisie sê vir ’n magtige vegter hoe sy melaatsheid genees kan word

Hoekom moet ons nie na die raad luister van dié wat nie Jehovah of sy Woord respekteer nie?

Ps 1:1; Spr 4:14

Sien ook Lu 6:39

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Kr 10:​13, 14 – Koning Saul soek raad by iemand wat geeste oproep in plaas daarvan om by Jehovah raad te soek en sterf as gevolg van sy ongehoorsaamheid

    • 2Kr 22:​2-5, 9 – Koning Ahasia sterf omdat hy na slegte raad luister

    • Job 21:​7, 14-16 – Job weier om soos persone te dink wat nie Jehovah respekteer nie

Wanneer ons raad gee

Hoekom is dit beter om te luister, al die feite te kry en na albei kante te luister voordat ons raad gee?

Spr 18:​13, 17

Sien ook Spr 25:8

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Sa 1:​9-16 – Hoëpriester Eli gee Hanna streng raad voordat hy al die feite het; hy neem aan dat hierdie getroue vrou dronk is

    • Mt 16:​21-23 – Omdat die apostel Petrus nie al die feite het nie, sê hy vir Jesus om iets te doen wat Satan wil hê eerder as wat Jehovah wil hê

Hoekom moet ons Jehovah se leiding vra voordat ons raad gee?

Ps 32:8; 73:​23, 24; Spr 3:​5, 6

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Eks 3:​13-18 – Die profeet Moses vra Jehovah om hom te help om te weet hoe om die Israeliete se probleme op te los

    • 1Kn 3:​5-12 – Jong koning Salomo vra Jehovah vir wysheid in plaas daarvan om op homself te vertrou, en Jehovah seën hom hiervoor

Hoekom moet ons seker maak dat ons raad en antwoorde altyd op die Bybel gebaseer is?

Ps 119:​24, 105; Spr 19:21; 2Ti 3:​16, 17

Sien ook De 17:​18-20

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Mt 4:​1-11 – Jesus se antwoorde op Satan se versoekings is nie gebaseer op sy eie wysheid nie, maar op God se Woord

    • Joh 12:​49, 50 – Jesus verduidelik dat alles wat hy ander leer, gebaseer is op wat sy Vader hom geleer het, en dit stel vir ons ’n goeie voorbeeld

Hoekom moet ons probeer om sagmoedig te wees wanneer ons raad gee en die persoon ook te prys wanneer dit moontlik is?

Ga 6:1; Kol 3:12

Sien ook Jes 9:6; 42:​1-3; Mt 11:​28, 29

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 2Kr 19:​2, 3 – Jehovah dissiplineer koning Josafat deur middel van ’n profeet, maar prys hom dan vir die goeie dinge wat hy gedoen het

    • Op 2:​1-4, 8, 9, 12-14, 18-20 – Jesus prys ’n hele paar gemeentes voordat hy hulle raad gee

Hoekom is dit beter om ’n Christen wat ’n mede-Christen van bedrog of laster beskuldig, aan te moedig om in privaat met daardie Christen te praat?

Hoe kan ons ’n Christen wat voel dat hy sleg behandel is, aanmoedig om genadig, geduldig en vergewensgesind te wees?

Mt 18:​21, 22; Mr 11:25; Lu 6:36; Ef 4:32; Kol 3:13

Sien ook Mt 6:14; 1Kor 6:​1-8; 1Pe 3:​8, 9

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Mt 18:​23-35 – Jesus gee ’n kragtige illustrasie om te verduidelik hoekom dit belangrik is om ander te vergewe

Hoekom moet ons vasbeslote wees om Jehovah se standaarde te gehoorsaam wanneer ons raad gee?

Ps 141:5; Spr 17:10; 2Kor 7:​8-11

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Sa 15:​23-29 – Die profeet Samuel is nie bang vir koning Saul nie en gee hom raad

    • 1Kn 22:​19-28 – Die profeet Migaja weier om sy waarskuwende boodskap aan koning Agab te verander, al word hy gedreig en sleg behandel

Hoe kan ons raad gee sonder om iemand te struikel?

Heb 12:​11-13

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Lu 22:​31-34 – Jesus wys dat hy die vertroue het dat die apostel Petrus, alhoewel hy ernstige foute gemaak het, ander kan versterk

    • Flm 21 – Die apostel Paulus wys dat hy vertroue het dat Filemon sy raad wat in ooreenstemming met God se wil is, sal volg

Hoe kan ons liefdevol wees wanneer ons raad gee vir persone wat sleg voel of hartseer is?

Hoe kan ons iemand wat gesondig het, wys dat ons hom wil help om weer ’n goeie verhouding met Jehovah te hê?

Hoe kan ons wys dat ons dié respekteer vir wie ons raad gee, maak nie saak wat hulle ouderdom of geslag is nie?

Hoekom moet ouermanne vir iemand wat herhaaldelik weier om na skriftuurlike raad te luister, reguit raad gee?