Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Aanmoediging

Aanmoediging

Hoekom is dit belangrik dat God se knegte mekaar aanmoedig?

Jes 35:​3, 4; Kol 3:16; 1Te 5:11; Heb 3:13

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 2Kr 32:​2-8 – Toe koning Hiskia se volk voor ’n ernstige bedreiging te staan kom, moedig hy hulle aan

    • Da 10:​2, 8-11, 18, 19 – ’n Engel versterk en moedig die bejaarde profeet Daniël aan, wat swak is

Hoekom verwag Jehovah van ouermanne om ander aan te moedig?

Jes 32:​1, 2; 1Pe 5:​1-3

Sien ook Mt 11:​28-30

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • De 3:28; 31:​7, 8 – Net soos Jehovah beveel, versterk en moedig die profeet Moses Josua aan, wat hom as leier opvolg

    • Han 11:​22-26; 14:22 – Gedurende tye van vervolging moedig die apostels Paulus en Barnabas Christene in Antiogië aan

Hoekom is dit nodig om ander te prys wanneer ons hulle probeer aanmoedig?

Spr 31:​28, 29; 1Kor 11:2

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Rig 11:​37-40 – Die vroue van Israel besoek Jefta se dogter elke jaar om haar te prys vir haar selfopofferende lewenswyse

    • Op 2:​1-4 – Al het Jesus die Christene in Efese reggehelp, prys hy hulle ook

Hoe kan ons ons broers en susters aanmoedig?

Spr 15:23; Ef 4:29; Flp 1:​13, 14; Kol 4:6; 1Te 5:14

Sien ook 2Kor 7:​13, 15, 16

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Sa 23:​16-18 – Jonatan gaan na sy jonger vriend Dawid toe en moedig hom aan gedurende ’n moeilike tyd

    • Joh 16:33 – Jesus moedig sy volgelinge aan deur sy voorbeeld en verseker hulle dat hulle ook die wêreld kan oorwin

    • Han 28:​14-16 – Dit versterk Paulus wanneer getroue broers kom om hom aan te moedig toe hy op pad na Rome was vir sy verhoor

Hoekom is dit belangrik dat ons nie disrespekvol moet wees en ’n klaende gees moet hê nie?

Flp 2:​14-16; Jud 16-19

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Nu 11:​10-15 – Die profeet Moses is baie ontmoedig deur die negatiewe en ongehoorsame gees van die volk

    • Nu 13:​31, 32; 14:​2-6 – Die tien ontroue spioene is negatief en maak die volk mismoedig. Kort daarna kom die volk in opstand

Hoe word ons aangemoedig wanneer ons tyd met ons broers en susters deurbring?

Spr 27:17; Ro 1:​11, 12; Heb 10:​24, 25; 12:12

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 2Kr 20:​1-19 – Toe ’n groot leërmag Juda aanval, bid koning Josafat saam met die volk

    • Han 12:​1-5, 12-17 – Nadat die apostel Jakobus doodgemaak word en die apostel Petrus in die tronk gesit word, kom die gemeente in Jerusalem bymekaar om te bid

Hoe kan ’n positiewe gesindheid ons aanmoedig om gedurende moeilike tye te volhard?

Han 5:​40, 41; Ro 8:​35-39; 1Kor 4:​11-13; 2Kor 4:​16-18; 1Pe 1:​6, 7

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ge 39:​19-23; 40:​1-8 – Al is Josef in die tronk vir iets wat hy nie gedoen het nie, vertrou hy nog steeds op God en wil hy ander help

    • 2Kn 6:​15-17 – Die profeet Elisa is nie bang toe ’n leërmag hom kom aanval nie, en hy bid dat sy dienaar ook nie bang moet wees nie

Die Bybel kan ons aanmoedig

Hoe belowe Jehovah dat hy ons sal help?

Hoekom moedig dit ons aan wanneer ons aan Jehovah se geduld en genade dink?

Wat kan Jehovah doen vir mense wat swak voel?

Ps 46:1; Jes 12:2; 40:​29-31; Flp 4:13

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Sa 1:​10, 11, 17, 18 – Jehovah luister na Hanna se gebed en help haar om verligting te vind toe sy ontsteld en bitter is

    • 1Kn 19:​1-19 – Toe die profeet Elia mismoedig is, gee Jehovah vir hom kos en water. Hy moedig hom aan en vertroos hom deur hom ’n hoop vir die toekoms te gee

Hoe kan die Bybel se beloftes ons moed gee?

2Kr 15:7; Ps 27:​13, 14; Heb 6:​17-19; 12:2

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Job 14:​1, 2, 7-9, 13-15 – Selfs toe Job baie mismoedig is, vind hy vertroosting in die hoop van ’n opstanding

    • Da 12:13 – Die profeet Daniël, wat omtrent 100 jaar oud is, word deur ’n engel aangemoedig wat hom van die toekomstige beloning vertel

Hoe moedig dit ons aan wanneer ons tot Jehovah bid en nadink oor wat ons oor hom weet?

Ps 18:6; 56:​4, 11; Heb 13:6

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Sa 30:​1-9 – Toe Dawid probleme het, bid hy tot Jehovah en word hy versterk

    • Lu 22:​39-43 – Jesus smeek Jehovah in gebed om hom te help gedurende sy moeilikste toets, en Jehovah stuur ’n engel om hom aan te moedig

Hoe moedig goeie verslae ons aan, en hoekom is dit goed om dit met ander te deel?

Spr 15:30; 25:25; Jes 52:7

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Han 15:​2-4 – Die apostels Paulus en Barnabas is baie aanmoedigend vir die gemeentes wat hulle besoek

    • 3Jo 1-4 – Die bejaarde apostel Johannes is baie aangemoedig toe hy uitvind dat diegene vir wie hy die waarheid geleer het, nog getrou bly