Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Gesin

Gesin

Jehovah het die gesinsreëling ingestel

Ouers

Sien “Ouers

Pa’s

Sien “Pa’s

Ma’s

Sien “Ma’s

Mans, Vrouens

Sien “Huwelik

Seuns en dogters

Wat is die verantwoordelikhede van kinders in die gesin?

Hoekom moet kinders gehoorsaam wees aan hulle ouers?

Ef 6:​1-3; Kol 3:20

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ps 78:​1-8 – Die Israeliete vertel vir hulle kinders wat hulle voorvaders gedoen het sodat die kinders hulle vertroue in God stel en nie opstandig word nie

    • Lu 2:​51, 52 – Al is Jesus volmaak, is hy regdeur sy kinderlewe gehoorsaam aan sy onvolmaakte menseouers

Hoekom is dit dalk vir kinders moeilik om hulle ouers te respekteer?

Wat dink Jehovah van kinders wat ongehoorsaam is aan hulle ouers?

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • De 21:​18-21 – Volgens die Wet van Moses moet ’n seun wat hardkoppig en opstandig is en wat weier om na sy ouers te luister, doodgemaak word

    • 2Kn 2:​23, 24 – Omdat ’n groep seuns die profeet Elisa, wat ’n verteenwoordiger van God is, spot, verskeur twee bere baie van hulle

Hoe moet ouers voel oor die voorreg om kinders groot te maak?

Ps 127:3; 128:3

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Le 26:9 – Om kinders te hê, is vir die Israeliete ’n bewys van Jehovah se seën

    • Job 42:​12, 13 – Jehovah seën Job vir sy ongelooflike integriteit deur vir hom en sy vrou nog tien kinders te gee

Hoe wil Jehovah hê moet broers en susters mekaar behandel?

Ps 34:14; Spr 15:23; 19:11

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ge 27:41; 33:​1-11 – Jakob doen baie moeite om respek aan sy broer, Esau, te bewys en om vrede met hom te maak, en Esau reageer goed

Watter verantwoordelikheid het volwasse kinders teenoor hulle ouers en grootouers?

Spr 23:22; 1Ti 5:4

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ge 11:​31, 32 – Abraham vat sy pa, Tera, saam wanneer hy uit Ur trek en sorg vir hom totdat hy sterf

    • Mt 15:​3-6 – Jesus gebruik die Wet van Moses om te wys dat volwasse kinders hulle ouers moet ondersteun wanneer hulle hulp nodig het

Skoonouers

Sien “Skoonouers

Grootouers

Sien “Grootouers