Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Vergifnis

Vergifnis

Hoe voel Jehovah daaroor om ander te vergewe?

Ps 86:5; Da 9:9; Mi 7:18

Sien ook 2Pe 3:9

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ps 78:​40, 41; 106:​36-46 – Jehovah hou aan om sy hardkoppige volk te vergewe, al maak hulle sy hart baie seer

    • Lu 15:​11-32 – Jesus wys hoe Jehovah ander vergewe deur ’n pa te beskryf wat genadig is teenoor sy seun wat slegte dinge doen, maar wat later berou toon

Wat het Jehovah gedoen sodat ons vir ons sondes vergewe kan word?

Joh 1:29; Ef 1:7; 1Jo 2:​1, 2

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Heb 9:​22-28 – Die apostel Paulus verduidelik dat Jehovah ons kan vergewe omdat Jesus sy lewe vir ons opgeoffer het

    • Op 7:​9, 10, 14, 15 – Die apostel Johannes skryf dat God die sondes van die “groot menigte” vergewe omdat hulle geloof in Jesus se offerande toon

Wat moet ons doen wanneer ander teen ons sondig as ons wil hê dat Jehovah ons moet vergewe?

Mt 6:​14, 15; Mr 11:25; Lu 17:​3, 4; Jak 2:13

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Job 42:​7-10 – Voordat Jehovah Job gesond maak en seën, vra Hy Job om vir die drie manne wat teen hom gepraat het, te bid

    • Mt 18:​21-35 – Jesus wys hoe belangrik dit is om ander te vergewe as ons vergewe wil word

Hoe belangrik is dit om ons sondes te bely en opregte berou te toon?

Han 3:19; 26:20; 1Jo 1:​8-10

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ps 32:​1-5; 51:​1, 2, 16, 17 – As gevolg van koning Dawid se ernstige sondes is sy hart gebreek en toon hy opregte berou

    • Jak 5:​14-16 – Jakobus verduidelik dat ons na die ouermanne moet gaan as ons ’n ernstige sonde pleeg

Watter veranderinge moet ons maak as ons wil hê dat Jehovah ons moet vergewe?

Spr 28:13; Jes 55:7; Ef 4:28

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Kn 21:​27-29; 2Kr 18:​18-22, 33, 34; 19:​1, 2 – Koning Agab is hartseer toe hy uitvind dat Jehovah hom gaan straf, maar hy is nie regtig berouvol oor wat hy gedoen het nie. Daarom beskou Jehovah hom nog steeds as goddeloos en laat hy hom doodmaak

    • 2Kr 33:​1-16 – Koning Manasse is baie sleg; maar tog vergewe Jehovah hom wanneer hy berou toon. Manasse wys dat hy regtig verander het deur van afgodediens ontslae te raak en ware aanbidding te bevorder

Is Jehovah bereid om berouvolle sondaars heeltemal te vergewe?

Ps 103:​10-14; Jes 1:18; 38:17; Jer 31:34; Mi 7:19

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 2Sa 12:13; 24:1; 1Kn 9:​4, 5 – Al pleeg Dawid baie ernstige sondes, vergewe Jehovah die berouvolle koning en sê Hy later dat Dawid ’n man van integriteit is

Hoe het Jesus Jehovah se bereidwilligheid om te vergewe nagevolg?

Ps 86:5; Lu 23:​33, 34

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Mt 26:​36, 40, 41 – Jesus se dissipels raak aan die slaap wanneer hy hulle ondersteuning die nodigste het, maar hy verstaan dat hulle beperkings het

    • Mt 26:​69-75; Lu 24:​33, 34; Han 2:​37-41 – Petrus sê drie keer dat hy Jesus nie ken nie, maar Christus vergewe sy berouvolle apostel; Jesus verskyn persoonlik aan hom nadat hy opgewek is en gee later vir hom spesiale voorregte in die gemeente

Hoe weet ons dat Jehovah se vergifnis perke het?

Mt 12:31; Heb 10:​26, 27; 1Jo 5:​16, 17

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Mt 23:​29-33 – Jesus waarsku die skrifgeleerdes en Fariseërs dat hulle as ’n groep die oordeel van Gehenna, of permanente vernietiging, sal ondervind

    • Joh 17:12; Mr 14:21 – Jesus noem Judas Iskariot “die seun van die vernietiging” en sê dat dit beter sou wees vir hierdie verraaier as hy nooit gebore was nie

Wat sal Christene help om ander te vergewe?