Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Droefheid

Droefheid

Watter Bybelvoorbeelde wys dat dit normaal is om hartseer te wees wanneer iemand sterf?

Wat wys dat Jehovah dié wat hartseer is, graag wil vertroos?

Hoe vertroos dit ons om te weet wat gebeur wanneer ’n persoon sterf?

Pr 9:​5, 10; 1Te 4:13

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Lu 20:​37, 38 – Jesus sê dat die opstanding so seker is dat dit vir Jehovah is asof dié wat gesterf het, nog steeds lewe

    • Joh 11:​5, 6, 11-14 – Nadat sy geliefde vriend Lasarus sterf, vergelyk Jesus die dood met slaap

    • Heb 2:​14, 15 – Die apostel Paulus verduidelik dat ons nie bang hoef te wees vir die dood nie

Hoe kan ’n persoon vir Jehovah selfs kosbaarder wees wanneer hy sterf as wanneer hy gebore is?

Hoe beskryf die Bybel die dood, en wat gaan God omtrent die dood doen?

Hoekom kan ons seker wees dat daar ’n opstanding sal wees?

Jes 26:19; Joh 5:​28, 29; Han 24:15

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Daar word nege opstandings in die Bybel beskryf, en agt van die mense het weer op die aarde gewoon. As jy ’n geliefde in die dood verloor het, kan elkeen van hierdie verslae jou vertroos en hoop vir die toekoms gee

      • 1Kn 17:​17-24 – Die profeet Elia wek ’n weduwee se seun op in Sarfat, ’n dorp in Sidon

      • 2Kn 4:​32-37 – Die profeet Elisa wek ’n seun in die dorp Sunem op en gee hom terug aan sy ouers

      • 2Kn 13:​20, 21 – Die liggaam van ’n dooie man raak aan die beendere van die profeet Elisa, en die man word weer lewend

      • Lu 7:​11-15 – In die stad Nain sien Jesus ’n groep mense wat op pad is om ’n weduwee se seun te begrawe, en Jesus wek die seun op

      • Lu 8:​41, 42, 49-56 – Jesus wek die jong dogter van Jaïrus, ’n amptenaar van die sinagoge, op

      • Joh 11:​38-44 – Jesus wek sy geliefde vriend Lasarus op, en hy word verenig met sy susters, Marta en Maria

      • Han 9:​36-42 – Die apostel Petrus wek ’n Christenvrou met die naam Dorkas op, wat bekend was vir haar liefdevolle dade

      • Han 20:​7-12 – Die apostel Paulus wek ’n jong man met die naam Eutigus op, wat gesterf het nadat hy by ’n venster uitgeval het

    • Jehovah wek Jesus tot onsterflike lewe in die hemel op, en dit maak God se beloftes vir die toekoms ’n werklikheid

    • Jesus is die eerste persoon wat tot lewe in die hemel opgewek is, maar hy is nie die laaste nie; sy 144 000 gesalfde volgelinge sal ’n soortgelyke opstanding ontvang

Hoe kan ons dié help wat hartseer is omdat hulle ’n geliefde in die dood verloor het?