Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Hart

Hart

Hoe wys die Bybel dat die figuurlike hart die innerlike persoon is, insluitende sy gedagtes, bedoelings, eienskappe en emosies?

Ps 49:3; Spr 16:9; Lu 5:22; Han 2:26

Sien ook De 15:7; Ps 19:8

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Lu 9:​46-48 – Jesus help sy apostels reg omdat hy in hulle harte kan sien dat hulle belangrik wil wees

Hoekom is dit belangrik dat ons ons hart beskerm?

1Kr 28:9; Spr 4:23; Jer 17:9

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ge 6:​5-7 – Die goddeloosheid in mense se harte lei tot geweld, en as gevolg daarvan bring God ’n wêreldwye Vloed

    • 1Kn 11:​1-10 – Koning Salomo beskerm nie sy hart nie en trou met uitlandse vrouens wat hom beïnvloed, en dit veroorsaak dat hy Jehovah nie met sy hele hart dien nie

    • Mr 7:​18-23 – Jesus verduidelik dat alle verkeerde begeertes uit die hart kom en kan veroorsaak dat ons dinge doen wat God haat

Hoe kan ons ons hart beskerm?

Ps 19:14; Spr 3:​3-6; Lu 21:34; Flp 4:8

Sien ook Esr 7:​8-10; Ps 119:11

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ef 6:​14-18; 1Te 5:8 – Die apostel Paulus beskryf die geestelike wapenrusting en verduidelik dat regverdigheid, geloof en liefde ons figuurlike hart kan beskerm net soos die borsplaat die letterlike hart beskerm

Hoe weet ons of daar ’n probleem met ons figuurlike hart is?

Spr 21:​2-4; Heb 3:12

Sien ook Spr 6:​12-14

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 2Kr 25:​1, 2, 17-27 – Vir ’n ruk lank doen koning Amasia wat reg is in God se oë, maar nie met ’n volkome hart nie. Later word hy trots en is hy ongehoorsaam aan Jehovah en kry hy swaar as gevolg daarvan

    • Mt 7:​17-20 – Jesus wys dat net soos ’n slegte boom slegte vrugte dra, ’n slegte hart slegte gedrag voortbring

Hoekom moet ons ’n goeie hart ontwikkel, en hoe kan ons dit doen?

Spr 10:8; 15:28; Lu 6:45

Sien ook Ps 119:​97, 104; Ro 12:​9-16; 1Ti 1:5

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 2Kn 20:​1-6 – Koning Hiskia is getrou en dien Jehovah heelhartig, so toe hy siek word en op die punt is om te sterf, smeek hy Jehovah om hom te help

    • Mt 21:​28-32 – Jesus gebruik ’n illustrasie om te wys dat ’n persoon se hartstoestand gesien kan word deur wat hy doen en nie net deur wat hy sê hy wil doen nie

Hoekom is dit vertroostend om te weet dat Jehovah sien wat in ons hart is?

1Kr 28:9; Jer 17:10

Sien ook 1Sa 2:3

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Sa 16:​1-13 – Die profeet Samuel leer dat dit nie vir Jehovah belangrik is hoe ’n persoon lyk nie. Hy kyk eerder na die persoon se hart

    • 2Kr 6:​28-31 – Koning Salomo se gebed by die inwyding van Jehovah se tempel wys dat God heeltemal verstaan wat in ons hart is en daardie kennis gebruik om vir ons te sorg