Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Nederigheid

Nederigheid

Hoe beskou Jehovah nederige persone, en hoe beskou hy hoogmoedige persone?

Ps 138:6; Spr 15:25; 16:​18, 19; 22:4; 1Pe 5:5

Sien ook Spr 29:23; Jes 2:​11, 12

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 2Kr 26:​3-5, 16-21 – Koning Ussia word hoogmoedig. Hy is ongehoorsaam aan God se Wet en word baie kwaad wanneer hy reggehelp word. God straf hom met melaatsheid

    • Lu 18:​9-14 – Jesus gebruik ’n illustrasie om te verduidelik hoe Jehovah oor die gebede van die hoogmoediges en die nederiges voel

Hoe voel Jehovah oor iemand wat nederig is en opreg berou toon?

2Kr 7:​13, 14; Ps 51:​2-4, 17

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 2Kr 12:​5-7 – Koning Rehabeam en die prinse van Juda aanvaar nederig Jehovah se besluit en toon berou. Daarom word hulle nie deur Jehovah vernietig nie

    • 2Kr 32:​24-26 – Goeie koning Hiskia word hoogmoedig, maar Jehovah vergewe hom wanneer hy nederig berou toon

Hoe help nederigheid ons om ons verhoudings met ander te verbeter?

Ef 4:​1, 2; Flp 2:3; Kol 3:​12, 13

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ge 33:​3, 4 – Jakob is baie nederig wanneer hy sy broer Esau, wat baie kwaad vir hom was, ontmoet. As gevolg daarvan is daar vrede tussen hulle

    • Rig 8:​1-3 – Rigter Gideon sê nederig vir die manne van Efraim dat hulle belangriker is as hy, en as gevolg daarvan kalmeer hulle en wil hulle nie meer met hom baklei nie

Hoe het Jesus Christus die belangrikheid van nederigheid aan ander geleer?

Mt 18:​1-5; 23:​11, 12; Mr 10:​41-45

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Jes 53:7; Flp 2:​7, 8 – Soos voorspel is, aanvaar Jesus nederig sy toewysing op aarde en is hy selfs bereid om ’n pynlike en vernederende dood te sterf

    • Lu 14:​7-11 – Jesus gebruik die sitplekreëlings by ’n fees om te illustreer hoe nederigheid ons kan help

    • Joh 13:​3-17 – Jesus stel die voorbeeld vir sy volgelinge deur nederig die werk van ’n kneg te doen wanneer hy die apostels se voete was

Hoe sal dit ons help om nederig te wees wanneer ons leer om die regte beskouing van onsself en ander te hê?

Hoekom is valse nederigheid waardeloos?