Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Integriteit

Integriteit

Wat is integriteit?

Ps 18:​23-25; 26:​1, 2; 101:​2-7; 119:​1-3, 80

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Le 22:​17-22 – Jehovah vereis dat diereofferandes “sonder gebrek” moet wees. Die betekenis van “sonder gebrek” hou ten nouste verband met die Hebreeuse woord wat met “integriteit” vertaal word. Dit wys dat integriteit ons algehele toegewydheid aan Jehovah insluit

    • Job 1:​1, 4, 5, 8; 2:3 – Job se lewe wys dat as ’n persoon integriteit wil hê, hy diep respek vir Jehovah moet hê, Hom heelhartig moet aanbid en dit moet vermy om te doen wat sleg is in Sy oë

Hoekom het ons integriteit nodig?

Wat kan ons motiveer om ons integriteit te behou?

Hoe kan ons ons integriteit ontwikkel en behou?

Jos 24:​14, 15; Ps 101:​2-4

Sien ook De 5:29; Jes 48:​17, 18

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Job 31:​1-11, 16-33 – Job wys dat hy integriteit in sy daaglikse lewe het deur onsedelikheid te vermy en almal met respek en liefde te behandel. Hy aanbid net Jehovah, en sy verhouding met Jehovah is vir hom belangriker as sy besittings

    • Da 1:​6-21 – Al is Daniël en sy drie vriende omring deur mense wat nie vir Jehovah aanbid nie, behou hulle hulle integriteit selfs wanneer dit kom by watter soort kos hulle sal eet

As ’n persoon ’n hele paar foute gemaak het, kan hy weer ’n persoon van integriteit wees?

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Kn 9:​2-5; Ps 78:​70-72 – Omdat koning Dawid berou toon, vergewe Jehovah hom en beskou Hy hom as ’n man van integriteit

    • Jes 1:​11-18 – Jehovah sê vir sy volk dat hulle grootliks gesondig het, maar dat hy hulle sal vergewe as hulle berou toon en ophou om slegte dinge te doen