Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Genade

Genade

Watter ander eienskappe is deel van genade?

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ps 51:​1, 2 – Wanneer koning Dawid Jehovah vir genade smeek, vra hy om vergifnis en om van sy sondes gereinig te word

    • Lu 10:​29-37 – Jesus help ons om te verstaan hoe om genadig te wees deur te beskryf hoe ’n Samaritaan goedhartigheid en bedagsaamheid aan ’n Jood bewys het

Hoekom het alle mense genade nodig?

Hoe weet ons dat Jehovah genadig is?

Eks 34:6; Ne 9:17; Ps 103:8; 2Kor 1:3

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Job 42:​1, 2, 6-10; Jak 5:11 – Jehovah betoon genade aan Job en leer hom om ook genadig te wees

    • Lu 15:​11-32 – Jesus illustreer Jehovah se genade deur te beskryf hoe ’n pa ’n opstandige seun behandel wat berou toon

Hoekom betoon Jehovah genade aan ons?

Watter rol speel Christus se offerande in die vergifnis van sondes?

Hoekom moet ons vir genade vra en altyd dankbaar wees daarvoor?

Lu 11:​2-4; Heb 4:16

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ps 51:​1-4 – Koning Dawid is baie jammer oor sy sondes, en hy is nederig en smeek Jehovah vir genade

    • Lu 18:​9-14 – Jesus gebruik ’n illustrasie om ons te help om te verstaan dat Jehovah genade wys aan diegene wat nederig is en hulle foute erken

Hoekom kan selfs diegene wat ernstig gesondig het, vertrou dat hulle genade sal ontvang?

De 4:​29-31; Jes 55:7

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 2Kr 33:​9-13, 15 – Alhoewel Manasse ’n baie goddelose koning was, toon hy berou en smeek hy God vir genade. Hy word weer koning en wys deur sy dade dat hy regtig verander het

    • Jon 3:​4-10 – Die Nineviete is baie gewelddadig en het baie mense doodgemaak, maar hulle toon berou en God vergewe hulle

Hoekom is dit belangrik om ons sondes aan Jehovah te bely en ons lewe te verander om Jehovah se genade te ontvang?

Jehovah se genade beskerm ons nie teen alle dissipline of die gevolge van ons sondes nie

Hoekom moet ons genadig wees?

Watter uitwerking sal dit op ons verhouding met Jehovah hê as ons nie genadig is nie?

Mt 9:13; 23:23; Jak 2:13

Sien ook Spr 21:13

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Mt 18:​23-35 – Jesus illustreer dat Jehovah nie genadig teenoor ons sal wees as ons nie genadig teenoor ander is nie

    • Lu 10:​29-37 – ’n Bekende illustrasie wys dat Jehovah en Jesus nie gelukkig is met diegene wat nie genadig is nie, maar dat hulle gelukkig is met mense wat, soos die Samaritaan, genadig is

Hoe behandel Jehovah mense wat genadig is?