Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Gehoorsaamheid

Gehoorsaamheid

Hoe belangrik is gehoorsaamheid?

Eks 19:5; De 10:​12, 13; Pr 12:13; Jak 1:22

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Sa 15:​17-23 – Die profeet Samuel dissiplineer koning Saul omdat hy ongehoorsaam aan Jehovah is. Dan verduidelik Samuel hoekom gehoorsaamheid belangrik is

    • Heb 5:​7-10 – Al is Jesus die volmaakte Seun van God, het hy geleer om gehoorsaam te wees toe ander op aarde hom sleg behandel het

Wat moet ’n Christen doen wanneer iemand met gesag hom vra om ongehoorsaam aan God te wees?

Han 5:29

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Da 3:​13-18 – Drie lojale Hebreërs weier om neer te buig voor die beeld wat koning Nebukadnesar gemaak het, selfs al beteken dit dat hulle hulle lewe kan verloor

    • Mt 22:​15-22 – Jesus verduidelik dat sy volgelinge gehoorsaam is aan die regerings tensy daardie regerings hulle vra om ongehoorsaam te wees aan Jehovah God

    • Han 4:​18-31 – Die apostels hou moedig aan om te preek, selfs al beveel die owerhede hulle om op te hou preek

Wat moet ons doen as ons gehoorsaam aan Jehovah wil bly?

De 6:​1-5; Ps 112:1; 1Jo 5:​2, 3

Sien ook Ps 119:​11, 112; Ro 6:17

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Esr 7:​7-10 – Die getroue priester Esra berei sy hart voor om die leiding te neem om God se Wet te gehoorsaam en dit aan ander te leer

    • Joh 14:31 – Jesus verduidelik hoekom hy presies doen wat sy Vader hom beveel om te doen

Wat moet ons motiveer om gehoorsaam te wees aan Jehovah en Jesus?

Hoe wys ons gehoorsaamheid dat ons geloof het?

Ro 1:5; 10:​16, 17; Jak 2:​20-23

Sien ook De 9:23

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ge 6:​9-22; Heb 11:7 – Noag wys dat hy geloof het deur ’n ark te bou net soos Jehovah hom beveel. Hy het “net so gedoen”

    • Heb 11:​8, 9, 17 – Abraham wys dat hy geloof het deur gehoorsaam te wees aan Jehovah se opdrag om nie net Ur te verlaat nie, maar ook om sy eie seun op te offer

Hoe seën Jehovah gehoorsaamheid?

Jer 7:23; Mt 7:21; 1Jo 3:22

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

Wat sal gebeur as ons ongehoorsaam is?

Ro 5:19; 2Te 1:​8, 9

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ge 2:​16, 17; 3:​17-19 – Omdat Adam en Eva ongehoorsaam is aan Jehovah God, verloor hulle die geleentheid om op die Paradysaarde te bly, om volmaak te wees en om vir ewig te lewe

    • De 18:​18, 19; Han 3:​12, 18, 22, 23 – Jehovah voorspel dat daar ’n Profeet groter as Moses sal kom en dat diegene wat aan hom ongehoorsaam is, gestraf sal word

    • Jud 6, 7 – Die opstandige engele en die inwoners van Sodom en Gomorra maak Jehovah baie kwaad as gevolg van hulle ongehoorsaamheid

Hoekom moet ons gehoorsaam wees aan Jesus Christus?

Ge 49:10; Mt 28:18

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

Hoekom is Christene gehoorsaam aan opsieners in die gemeente?

Hoekom moet ’n Christenvrou onderdanig wees aan haar man?

Hoekom is kinders gehoorsaam aan hulle ouers?

Spr 23:22; Ef 6:1; Kol 3:20

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ge 37:​3, 4, 8, 11-13, 18 – Die jong man Josef is gehoorsaam aan sy pa en gaan om sy broers te sien, alhoewel hulle hom haat

    • Lu 2:51 – Jesus is gehoorsaam aan Josef en Maria, al is hy volmaak en sy menseouers onvolmaak

Hoekom is dit wys om gehoorsaam te wees aan ’n sekulêre werkgewer selfs as niemand ons dophou nie?

Hoekom is Christene gehoorsaam aan regerings?