Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Bejaardes

Bejaardes

Wat gebeur wanneer ons ouer word?

Ps 71:9; 90:10

Sien ook “Vertroosting – Beperkings as gevolg van siekte of gevorderde ouderdom

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Pr 12:​1-8 – Koning Salomo beskryf in poëtiese terme wat met ’n mens gebeur wanneer jy ouer word, byvoorbeeld jy kan nie meer so goed sien nie (“die vrouens wat deur die vensters kyk, vind dat dit donker is”) en jy kan nie meer so goed hoor nie (‘die dogters van die lied raak dof’)

Kan bejaardes hulle vreugde behou ten spyte van uitdagings en beperkings as gevolg van gevorderde ouderdom?

2Kor 4:​16-18; Jak 1:​2-4

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Sa 12:​2, 23 – Die bejaarde profeet Samuel weet hoe belangrik dit is vir hom om aan te hou om namens Jehovah se volk te bid

    • 2Sa 19:​31-39 – Koning Dawid is dankbaar teenoor die bejaarde Barsillai vir sy lojale ondersteuning, en Barsillai erken nederig sy beperkings wanneer hy gevra word om meer te doen

    • Ps 71:​9, 18 – Koning Dawid is bang dat hy nie meer deur Jehovah gebruik kan word nie omdat hy oud is. Daarom smeek hy Jehovah om hom nog steeds te gebruik en hom die krag te gee om die volgende geslag van Hom te leer

    • Lu 2:​36-38 – Die profetes Anna, ’n bejaarde weduwee, word geseën vir haar toegewydheid en getroue diens

Hoe verseker Jehovah ouer persone dat hy hulle waardeer?

Ps 92:​12-14; Spr 16:31; 20:29; Jes 46:4; Tit 2:​2-5

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ge 12:​1-4 – Abraham is 75 jaar oud toe hy ’n toewysing van Jehovah ontvang wat sy lewe heeltemal verander

    • Da 10:​11, 19; 12:13 – ’n Engel besoek die profeet Daniël, wat in sy 90’s is, om hom te verseker dat hy kosbaar vir Jehovah is en dat hy vir sy getrouheid geseën sal word

    • Lu 1:​5-13 – Jehovah seën die bejaarde Sagaria en Elisabet met die wonderdadige geboorte van ’n seun, Johannes

    • Lu 2:​25-35 – Jehovah gee die bejaarde Simeon die voorreg om die baba te sien wat die Messias sal word, en dan profeteer Simeon oor hom

    • Han 7:​23, 30-36 – Die profeet Moses is 80 jaar oud wanneer Jehovah hom as leier oor Sy volk, Israel, aanstel

Hoe moet getroue ouer persone behandel word?

Le 19:32; 1Ti 5:1

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

Watter praktiese dinge kan Christene doen om ouer persone in die gemeente te help?