Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ouers

Ouers

Wat is party redes hoekom Jehovah die huwelik ingestel het?

Hoe moet ouers hulle kinders beskou?

Ps 127:​3-5; 128:3

Sien ook “Kinders; Jongmense

Watter verantwoordelikheid het ouers teenoor hulle kinders?

De 6:​6, 7; 11:​18, 19; Spr 22:6; 2Kor 12:14; 1Ti 5:8

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Sa 1:​1-4 – Elkana neem sy familie na die feeste in Silo en maak seker dat sy kinders Jehovah saam met hom aanbid

    • Lu 2:​39, 41 – Josef en Maria het die gewoonte om saam met hulle kinders van Nasaret na Jerusalem te gaan vir die Pasgafees

Hoekom is dit goed om kinders te leer om gehoorsaam aan Jehovah te wees?

Spr 1:​8, 9; 22:6

Sien ook 2Ti 3:​14, 15

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Sa 2:​18-21, 26; 3:19 – Samuel se ouers bied hulle seun aan om by die tabernakel te dien, maar hulle besoek hulle seun gereeld en help om na sy behoeftes om te sien; hy word ’n man wat lief is vir Jehovah en wat hom getrou dien

    • Lu 2:​51, 52 – Jesus is gehoorsaam aan sy ouers selfs al is hulle onvolmaak

Waar kan ouers leiding kry wat hulle sal help om hulle kinders te leer?

De 6:​4-9; Ef 6:4; 2Ti 3:​14-17

Sien ook Ps 127:1; Spr 16:3

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Rig 13:​2-8 – Nadat ’n engel vir Manoag sê dat Jehovah deur middel van ’n wonderwerk vir hom en sy vrou ’n seun sal gee, vra hy Jehovah hoe hy die kind moet grootmaak

    • Ps 78:​3-8 – Jehovah wil hê dat ouers hulle kinders moet leer wat hulle uit die Bybel geleer het

Hoekom kan ’n persoon wat in ’n gesin grootgeword het wat lief is vir God, nog steeds kies om Jehovah nie te dien nie?

Ese 18:​1-13, 20

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ge 6:​1-5; Jud 6 – Selfs al was die engele jare lank saam met Jehovah in die hemel, kies baie van hulle om teen God in opstand te kom

    • 1Sa 8:​1-3 – Al is Samuel ’n getroue en regverdige profeet, word sy seuns oneerlik en korrup

Wanneer moet ouers hulle kinders leer wat God van hulle verwag?

2Ti 3:15

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • De 29:​10-12, 29; 31:12; Esr 10:1 – Wanneer die Israeliete bymekaarkom om oor Jehovah te leer, bring hulle hulle kinders saam sodat hulle ook kan leer

    • Lu 2:​41-52 – Josef en Maria het die gewoonte om hulle kinders, insluitende Jesus, saam te bring na die Pasgafees by die tempel in Jerusalem

Watter voorbeelde moet ouers volg wanneer hulle hulle kinders beskerm teen mense wat hulle dalk wil seermaak?

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Eks 19:4; De 32:​11, 12 – Jehovah vergelyk homself met ’n arend wat vir haar kleintjies sorg, hulle dra en beskerm

    • Jes 49:15 – Jehovah belowe om vir sy knegte te sorg en hulle te beskerm op ’n manier wat beter is as die liefde wat ’n ma vir haar baba het

    • Mt 2:​1-16 – Satan probeer die baba Jesus doodmaak deur heidense sterrevoorspellers na die goddelose koning Herodes te lei, maar Jehovah beskerm Sy seun deur vir Josef te sê om saam met sy gesin na Egipte te trek

    • Mt 23:37 – Jesus vergelyk sy begeerte om sy volk te help met die manier hoe ’n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak en beskerm

Hoekom moet ouers hulle kinders oor seks leer?

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Le 15:​2, 3, 16, 18, 19; De 31:​10-13 – Die Wet van Moses wys openlik hoe Jehovah oor seks voel, en hy sê dat kinders ook daar moet wees wanneer dit hardop gelees word

    • Ps 139:​13-16 – Dawid is baie dankbaar vir die manier hoe Jehovah die menseliggaam geskep het en vir die vermoë om kinders te hê

    • Spr 2:​10-15 – Kennis en wysheid van Jehovah kan ons beskerm teen mense wat slegte dinge doen en bedrieglik is

Hoekom moet ouers hulle kinders op ’n liefdevolle manier dissiplineer?

Spr 13:24; 29:17; Jer 30:11; Ef 6:4

Sien ook Ps 25:8; 145:9; Kol 3:21

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ps 32:​1-5 – Jehovah straf Dawid vir sy sonde, maar Dawid is verlig om te leer dat Jehovah mense vergewe wat regtig berou toon oor hulle sonde

    • Jon 4:​1-11 – Die profeet Jona is kwaad en praat op ’n disrespekvolle manier met Jehovah; maar Jehovah leer hom geduldig oor genade

Hoekom kan ons sê dat dissipline ’n manier is hoe ouers wys dat hulle lief is vir hulle kinders?