Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Vervolging

Vervolging

Hoekom moet Christene verwag om vervolg te word?

Hoekom moet ons Jehovah vra om ons te versterk as ons vervolg word?

Ps 55:22; 2Kor 12:​9, 10; 2Ti 4:​16-18; Heb 13:6

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Kn 19:​1-18 – Toe die profeet Elia vervolg word, stort hy sy hart voor Jehovah uit en word hy aangemoedig en vertroos

    • Han 7:​9-15 – Josef word deur sy broers vervolg, maar Jehovah bly lojaal aan hom, red hom en gebruik hom om sy familie te red

Wat is party vorme van vervolging?

Wanneer iemand ons beledig

2Kr 36:16; Mt 5:11; Han 19:9; 1Pe 4:4

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 2Kn 18:​17-35 – Die Rabsake, ’n woordvoerder vir die koning van Assirië, beledig Jehovah en spot die mense van Jerusalem

    • Lu 22:​63-65; 23:​35-37 – Jesus se vervolgers beledig en spot hom terwyl hy in hegtenis is en terwyl hy aan die folterpaal hang

Wanneer familielede ons teëstaan

Wanneer ons gearresteer word en voor die owerhede moet getuig

Wanneer ons fisies mishandel word

Wanneer ons deur groepe mense aangeval word

Wanneer ons doodgemaak word

Wat moet Christene doen wanneer hulle vervolg word?

Mt 5:44; Han 16:25; 1Kor 4:​12, 13; 1Pe 2:23

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Han 7:57–8:1 – Terwyl ’n groep mense, insluitende Saulus van Tarsus, besig is om Stefanus dood te maak, vra Stefanus Jehovah om sy aanvallers te vergewe

    • Han 16:​22-34 – Hoewel die apostel Paulus geslaan word en sy voete in die blok vasgemaak word, is hy liefdevol teenoor die bewaarder, wat veroorsaak dat die man en sy hele gesin Christene word

Wat het met party van die eerste-eeuse Christene gebeur?

Hoe moet ons voel wanneer ons vervolg word?

Hoe versterk ons hoop vir die toekoms ons wanneer ons vervolg word?

Hoekom moet ons nie toelaat dat vervolgers ons skaam, bang of mismoedig laat voel nie, en hoekom moet ons nie ophou om Jehovah te dien nie?

Ps 56:​1-4; Han 4:​18-20; 2Ti 1:​8, 12

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 2Kr 32:​1-22 – Toe koning Sanherib met ’n groot leërmag kom om Jerusalem aan te val, vertrou die getroue koning Hiskia op Jehovah en versterk hy die volk; hy word grootliks beloon

    • Heb 12:​1-3 – Vervolgers probeer om Jesus skaam te laat voel, maar hy laat nie toe dat hulle mishandeling hom ontmoedig nie

Watter goeie dinge kan gebeur as ons vervolg word?

Wanneer ons volhard, maak dit Jehovah bly en bring dit eer op sy naam

1Pe 2:​19, 20; 4:​12-16

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Job 1:​6-22; 2:​1-10 – Job weet nie dat Satan hom vervolg nie, maar hy bly nog steeds lojaal aan Jehovah, wat bewys dat Satan ’n leuenaar is en Jehovah vereer

    • Da 1:​6, 7; 3:​8-30 – Omdat getroue Hananja, Misael en Asarja (Sadrag, Mesag en Abednego) bereid is om dood te gaan eerder as om ongehoorsaam aan Jehovah te wees, erken koning Nebukadnesar dat Jehovah die Allerhoogste God is

Omdat ons vervolg word, kan mense van Jehovah leer

Lu 21:​12, 13; Han 8:​1, 4

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Han 11:​19-21 – Christene wat verstrooi word deur vervolging, hou aan om die goeie nuus wyd en syd te versprei

    • Flp 1:​12, 13 – Die apostel Paulus is bly dat baie mense oor die goeie nuus leer omdat hy in die tronk is

Wanneer ons gedurende vervolging volhard, kan ons medegelowiges versterk

Watter rol speel godsdiensleiers en politikusse dikwels daarin om getroues te vervolg?

Jer 26:11; Mr 3:6; Joh 11:​47, 48, 53; Han 25:​1-3

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Han 19:​24-29 – In Efese dink party mense wat afgode maak, dat die Christene se boodskap sou veroorsaak dat hulle geld verloor, en daarom vervolg hulle die Christene

    • Ga 1:​13, 14 – Voordat Paulus (Saulus) ’n Christen word, is hy so fanaties oor Judaïsme dat hy Christene vervolg

Wie is verantwoordelik vir die vervolging van Jehovah se knegte?