Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Gebed

Gebed

Hoe weet ons dat Jehovah na ons gebede luister en dit beantwoord?

Ps 65:2; 145:18; 1Jo 5:14

Sien ook Ps 66:19; Han 10:31; Heb 5:7

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Kn 18:​36-38 – Jehovah reageer vinnig op die profeet Elia se gebed op die berg Karmel gedurende sy konfrontasie met die profete van Baäl

    • Mt 7:​7-11 – Jesus moedig ons aan om te volhard in gebed en verseker ons dat Jehovah as ’n liefdevolle Vader na ons luister

Wie is die enigste Persoon tot wie Christene moet bid?

In wie se naam bid ons?

Na wie se gebede luister Jehovah?

Na wie se gebede luister Jehovah nie?

Spr 15:29; 28:9; Jes 1:15; Mi 3:4; Jak 4:3; 1Pe 3:7

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Jos 24:​9, 10 – Jehovah weier om na Bileam te luister omdat wat hy vra, teen God se wil is

    • Jes 1:​15-17 – Omdat sy volk skynheilig en bloedskuldig word, weier Jehovah om na hulle gebede te luister

Wat sê ons gewoonlik aan die einde van ons gebede, en hoekom?

Sê die Bybel dat ons altyd in ’n sekere posisie moet wees as ons bid?

Wat is party dinge waarvoor knegte van Jehovah kan bid wanneer hulle bymekaarkom om te aanbid?

Han 4:​23, 24; 12:5

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Kr 29:​10-19 – Koning Dawid lei die gemeente van Israel in gebed toe die volk se vrywillige bydraes vir die tempel ingesamel word

    • Han 1:​12-14 – Die apostels, Jesus se broers, Maria die ma van Jesus en party ander getroue vrouens bid saam in ’n bo-kamer in Jerusalem

Hoekom moet die een wat bid, nooit oor homself spog of ander probeer beïndruk nie?

Hoekom moet ons bid voordat ons ’n maaltyd eet?

Hoekom moet ons aanhou bid tot Jehovah?

Ro 12:12; Ef 6:18; 1Te 5:17; 1Pe 4:7

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Da 6:​6-10 – Daniël hou aan om openlik tot Jehovah te bid, selfs al beteken dit dat hy daarvoor doodgemaak kan word

    • Lu 18:​1-8 – Jesus gebruik die voorbeeld van ’n onregverdige regter wat uiteindelik ’n vrou help wat hom aanhou vra vir geregtigheid. Hierdie voorbeeld illustreer dat Jehovah gereed is om ons te help as ons aanhou bid

Watter gesindheid moet ons hê as ons wil hê dat God ons gebede om vergifnis moet hoor?

2Kr 7:​13, 14

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 2Kn 22:​11-13, 18-20 – Jehovah is genadig en liefdevol teenoor koning Josia omdat hy nederig word en probeer om Jehovah se hart bly te maak

    • 2Kr 33:​10-13 – Koning Manasse bid nederig wat veroorsaak dat Jehovah hom vergewe en hom weer koning maak

Wat moet ons doen as ons wil hê dat Jehovah ons moet vergewe?

Hoekom is dit goed dat ons vir Jehovah sê dat ons wil hê dat sy wil moet plaasvind?

Hoekom moet ons gebede wys dat ons geloof in ons hemelse Vader het?

Waaroor kan ons bid?

Die heiliging van God se naam

God se Koninkryk wat gaan kom om oor die hele aarde te regeer

Jehovah se wil wat uitgevoer sal word

Ons kan Jehovah vra vir dit wat ons nodig het

Ons kan Jehovah vra om ons sondes te vergewe

Ons kan Jehovah vra om ons te help as ons versoek word

Ons kan vir Jehovah dankie sê

Ons kan Jehovah vra vir kennis oor God se wil, vir begrip en vir wysheid

Spr 2:​3-6; Flp 1:9; Jak 1:5

Sien ook Ps 119:34

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Kn 3:​11, 12 – Koning Salomo vra vir wysheid, en Jehovah gee hom baie wysheid

Ons kan Jehovah vra vir heilige gees

Ons kan vir ander bid, insluitende diegene wat vervolg word

Ons kan Jehovah loof

Ps 86:12; Jes 25:1; Da 2:23

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Lu 10:21 – Jesus loof Jehovah openlik omdat Hy dit vir nederige mense moontlik maak om die waarheid te leer ken

    • Op 4:​9-11 – Die engele gee Jehovah die eer en heerlikheid wat hy verdien

Ons kan Jehovah vra om mense in gesagsposisies te motiveer om ons toe te laat om in vrede te aanbid en vir mense te preek

Is dit gepas om te bid wanneer ons gedoop word?

Is dit gepas om te bid vir diegene wat geestelik siek is?

Hoekom dra mans gewoonlik nie ’n hoofbedekking as hulle bid nie, en hoekom dra vrouens soms ’n hoofbedekking as hulle bid?

Wat is selfs belangriker as die lengte of die intensiteit van ons gebede?

Klg 3:41; Mt 6:7

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Kn 18:​25-29, 36-39 – In reaksie op die profeet Elia se uitdaging bid die profete van Baäl oor en oor tot hulle god, maar hy antwoord nie

    • Han 19:​32-41 – Afgodedienaars in Efese skree twee uur lank aanhoudend tot hulle godin Artemis, maar al wat gebeur, is dat ’n stadsamptenaar hulle stilmaak