Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Verkondig die goeie nuus

Verkondig die goeie nuus

Hoekom moet alle ware Christene met ander oor hulle geloof praat?

Watter voorbeeld het Jesus in die predikingswerk gestel?

Lu 8:1; Joh 18:37

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Lu 4:​42-44 – Jesus sê dat hy aarde toe gestuur is om te preek

    • Joh 4:​31-34 – Jesus verduidelik dat sy werk om die goeie nuus te verkondig, soos voedsel vir hom is

Is die mans met gesag in die gemeente die enigstes wat die verantwoordelikheid het om die goeie nuus te verkondig?

Ps 68:11; 148:​12, 13; Han 2:​17, 18

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 2Kn 5:​1-4, 13, 14, 17 – ’n Jong Israelitiese meisie vertel Naäman se vrou van Jehovah se profeet Elisa

    • Mt 21:​15, 16 – Toe jong seuns Jesus loof, ontstel dit die hoofpriesters en die skrifgeleerdes, maar Jesus wys hulle tereg

Hoe kan Christenopsieners ander in die gemeente leer om die goeie nuus te verkondig?

Hoe help Jehovah en Jesus ons om die predikingswerk te doen?

2Kor 4:7; Flp 4:13; 2Ti 4:17

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Han 16:​12, 22-24; 1Te 2:​1, 2 – Alhoewel die apostel Paulus en sy metgeselle sleg behandel word, hou hulle met God se hulp aan om moedig te preek

    • 2Kor 12:​7-9 – Al het die apostel Paulus “’n doring in die vlees”, wat dalk ’n gesondheidsprobleem is, is hy ’n ywerige prediker omdat Jehovah hom die krag gee om aan te hou met die predikingswerk

Wie gee ’n Christen die reg om te preek?

1Kor 1:​26-28; 2Kor 3:5; 4:13

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Joh 7:15 – Mense is verbaas oor hoeveel Jesus weet al het hy nie na ’n godsdiensskool gegaan nie

    • Han 4:13 – Al dink party mense dat Jesus se apostels net gewone mense is wat nie geleerd is nie, is die apostels nie bang om moedig te preek nie

Hoe weet ons dat Jehovah wil hê dat ons ander moet oplei om te preek en te onderrig?

Mr 1:17; Lu 8:1; Ef 4:​11, 12

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Jes 50:​4, 5 – Voordat die Messias aarde toe kom, is hy persoonlik deur Jehovah God opgelei

    • Mt 10:​5-7 – Terwyl Jesus op die aarde is, leer hy sy dissipels geduldig om die predikingswerk uit te voer

Hoe moet ons ons toewysing beskou om die goeie nuus te verkondig?

Hoe voel ons wanneer ons die goeie nuus verkondig?

Oor watter dinge praat ons wanneer ons die goeie nuus verkondig?

Hoekom vertel ons ander oor valse leringe?

2Kor 10:​4, 5

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Mr 12:​18-27 – Jesus redeneer uit die Skrif met die Sadduseërs om te bewys dat hulle verkeerd is oor die opstanding

    • Han 17:​16, 17, 29, 30 – Die apostel Paulus redeneer met die Ateners om te wys dat afgodediens verkeerd is

Hoe doen ons die predikingswerk?

Hoekom preek ons in openbare plekke?

Hoekom het ons geduld en volharding nodig wanneer ons preek?

Watter goeie resultate het die predikingswerk?

Hoekom moet ’n Christen gereed wees om by elke geleentheid te getuig?

1Kor 9:23; 1Ti 2:4; 1Pe 3:15

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Joh 4:​6, 7, 13, 14 – Al is Jesus moeg, verkondig hy die goeie nuus aan ’n Samaritaanse vrou by ’n put in die openbaar

    • Flp 1:​12-14 – Selfs toe die apostel Paulus in die tronk is vir sy geloof, gebruik hy die geleentheid om ’n getuienis te gee en ander aan te moedig

Moet ons verwag dat almal na ons boodskap sal luister?

Joh 10:​25, 26; 15:​18-20; Han 28:​23-28

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Jer 7:​23-26 – Deur Jeremia beskryf Jehovah hoe Sy volk herhaaldelik weier om na Sy profete te luister

    • Mt 13:​10-16 – Jesus verduidelik dat baie, net soos in Jesaja se dag, die boodskap sal hoor en dit sal verwerp

Hoekom is ons nie verbaas dat baie mense te besig is om te luister nie?

Hoe weet ons dat party aanvanklik sal luister en reageer, maar nie sal aanhou nie?

Watter voorbeelde help ons om nie verbaas te wees wanneer party ons predikingswerk direk teëstaan nie?

Wat doen ons wanneer mense ons probeer keer om die predikingswerk te doen?

Hoekom kan ons seker wees dat party mense positief sal reageer op die goeie nuus?

Watter ernstige verantwoordelikheid het predikers van die goeie nuus voor God?

Hoekom moet ons vir mense van alle godsdienste, rasse of nasionaliteite preek?

Is dit gepas om op enige dag van die week te preek, insluitende die Sabbat?

Watter voorbeelde wys dat ons vir almal moet preek, selfs al het hulle ’n Bybel en hulle eie godsdiens?