Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Werk

Werk

Wat is die verband tussen werk en vreugde?

Wat is party voordele daarvan as ’n mens leer om werk van ’n goeie gehalte te doen?

Spr 22:29

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Sa 16:​16-23 – Dawid is bekend as ’n goeie musikant, en sy musiek laat die koning van Israel beter voel, wat hom Dawid laat waardeer vir sy musikale talent

    • 2Kr 2:​13, 14 – Hiram-Abi is ’n bekwame werker, en daarom kan koning Salomo hom gebruik in ’n groot bouwerk

As watter soort werkers wil knegte van Jehovah bekend staan?

Ef 4:28; Kol 3:23

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ge 24:​10-21 – Rebekka is behulpsaam en hardwerkend, en sy doen baie meer as wat Abraham se kneg haar vra om te doen

    • Flp 2:​19-23 – Die apostel Paulus gee die jong man Timoteus ’n belangrike toewysing omdat hy nederig is en bereid is om hard te werk

Hoekom wil ons nie lui wees nie?

Spr 13:4; 18:9; 21:​25, 26; Pr 10:18

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Spr 6:​6-11 – Koning Salomo gebruik die mier om ons lesse te leer oor hoe om hard te werk en nie lui te wees nie

Hoekom moet ons hard werk om in ons behoeftes te voorsien?

Hoekom moet ons hard werk om vir ons gesin te sorg?

1Ti 5:8

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

Wat moet Christene bereid wees om te doen met dit wat hulle verdien omdat hulle hard werk?

Watter gebalanseerde beskouing moet ons hê teenoor die inkomste wat ons verdien wanneer ons sekulêr werk?

Hoe weet ons dat Jehovah wil hê dat ons ons werk goed moet doen en in ons materiële behoeftes moet voorsien?

Mt 6:​25, 30-32; Lu 11:​2, 3; 2Kor 9:10

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Ge 31:​3-13 – Laban behandel Jakob onregverdig, maar Jehovah let op dat Jakob hardwerkend is en seën hom

    • Ge 39:​1-6, 20-23 – Jehovah seën Josef se werk, toe hy ’n slaaf in Potifar se huis is en toe hy in die tronk is

Hoekom moet ons sekulêre werk nooit belangriker word as ons diens aan God nie?

Ps 39:​5-7; Mt 6:33; Joh 6:27

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Lu 12:​15-21 – Jesus gee ’n illustrasie wat wys dat dit dwaas is om te dink dat dit belangriker is om geld te verdien as om nader aan God te kom

    • 1Ti 6:​17-19 – Die apostel Paulus sê vir ryk Christene dat hulle nie op ander moet neersien nie en om “ryk te wees in goeie werke”

Watter beginsels kan ons help in ons keuse van sekulêre werk?

Werk vir Jehovah

Wat is die belangrikste werk wat Christene kan doen?

Hoekom is ons gretig om ons bes te doen in Jehovah se diens?

Hoekom moet ons nie verwag dat almal dieselfde hoeveelheid in Jehovah se diens kan doen nie?

Ga 6:​3-5

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Mt 25:​14, 15 – Jesus se illustrasie wys dat hy nie verwag dat al sy volgelinge dieselfde hoeveelheid werk moet doen nie

    • Lu 21:​2-4 – Jesus erken liefdevol die groot waarde van die arm weduwee se klein bydrae

Waar kry ons die krag wanneer ons gevra word om iets in Jehovah se diens te doen?

2Kor 4:7; Ef 3:​20, 21; Flp 4:13

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 2Ti 4:17 – Die apostel Paulus erken dat hy krag ontvang wanneer hy dit nodig het

Hoekom is ons gelukkig wanneer ons hard werk vir Jehovah?